Lydenburg Akkommodasie by Angel Guest House | LekkeSlaap
+20

Angel Guest House

5 resensies
Gastehuis

Opsomming van Resensie

2.2 uit 5van 5 resensies vir Angel Guest House
Netheid
2.6/5
Diens
2.4/5
Ligging
1.6/5
Veiligheid
2.0/5
Waarde vir geld
2.4/5
Tania I - Okt 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
2/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
3/5
Tania I
Saam met eggenoot / lewensmaat

Misleidend, maar nie sleg nie.

Die foto's op die webtuiste is baie misleidend. Geen foto's van buite en buite is baie anders as wat jy binne kry. Binne is netjies en modern. Buite is baie onnet en laat jou voel of jy op 'n heeltemal 'n ander plek is. Die buitekant het baie aandag nodig. Die dame wat ons ontvang het was ook glad nie professioneel of netjies geklee nie maar vriendelik. Die kamer was netjies en modern en het opgemaak vir die res.

Cor N - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Cor N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie netjies en skoon.

Was lekker om daar oor te slaap, skoon en netjies gewees. Diens was uitstekend gewees.

Hendrien L - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Hendrien L
Saam met eggenoot / lewensmaat

Ons verblyf was onaangenaam en teleurstellend.

Wat ‘n teleurstelling! Die gastehuis is op 'n gagga gebied geleë en boonop was daar nie eers veilige parkering vir ons motor nie. Die kamer lyk glad nie soos op die foto wat op die webtuiste is nie. Beddegoed is oud en niks pas bymekaar nie. Die matte krul op en het later soos 'n veiligheidsrisiko gevoel. Die badkamer was vol stof en daar is nie gordyne voor die badkamervenster nie. Die geboue is verwaarloos. Ons warmwaterkraan se water was yskoud! Ons het die aand nie 'n oog toegemaak nie omdat ons nie veilig gevoel het nie. Die gastehuis voorsien ontbyt, maar ons het nie eers daarby uitgekom nie - wou net daar wegkom. Wat 'n aaklige ervaring!

Arista B - Sep 2019
Gemiddeld
Netheid
3/5
Diens
3/5
Ligging
1/5
Veiligheid
2/5
Waarde vir geld
3/5
Arista B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Oornagverblyf in Angel Guest House op pad wildtuin toe.

Die gastehuis is nie in 'n goeie deel van die dorp geleë nie. Die huise in die omgewing lyk afgerem en onversorg. Die erf waarop die gastehuis geleë is, lyk ook erg verwaarloos - 'n mens verstaan dit is winter, maar 'n tuin kan wel netjies gehou word. Die kamer en badkamer is baie skoon en netjies. Die bed is lekker groot met 'n goeie matras, maar die beddegoed pas nie by die grootte van die bed nie! Ons is hartlik ontvang, maar die kaartmasjien het nie gewerk nie en die dame het ons probeer oortuig dat die fout by ons lê terwyl dit nie so was nie. Die ontbyt was gemiddeld. Daar kan gerus belê word in 'n ordentlik koffiemasjien - dit sal 'n groot verskil maak. Die foto's op die web-tuiste en die werklikheid is ver van mekaar verwyderd.

Dries B - Aug 2019
Gemiddeld
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
1/5
Dries B
Saam met eggenoot / lewensmaat

Uiters teleurgesteld in elke aspek!

Siesa! Ek het my vrou saam gebring, sodat ek my vensters kon gaan meet by my blyplek en my gereed kry vir my nuwe werk weg van my familie en ek het gereël dat ek en my vrou hier oornag. Koudste verwelkoming, deur personeel wat op stoele op gras bly sit. My vrou se groet het een effe geskokte groet gekry.bDit was nog redelik aanvaarbaar, maar 'n kamer met 'n deur wat te klein is vir die kosyn, 'n mat wat vuil en opgekrul is dat ons daaroor val, gordyne wat dalk op 5 in plaas van 20 plekke vasgehaak is bo en op die vloer sleep. 'n Badkamer sonder gordyne. Geen seep en 'n gechipte bad met krane wat in sement gate is, en jou maag raak teen die wasbak waaronder jy sit as jy op toilet sit. 3 suiker sakkies met 2 tee sakkies, geen koffie en geen melk. Nat glase en 'n bed wat bitter onnetjies reggetrek is. In my lewe nog nooit so skaam gevoel en voor my vrou van amper 31 jaar gekry nie. Dis baie jammer en vir my hartseer en teleurstellend, dat die webtuiste met so 'n patetiese gastehuis geassosieer word!

Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Vanaf R550
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fouriestraat 24, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHCMSuNW5nxHi2o9v2kwxx8rf5cC8fHBaAHwGtiVv0b1ww5Wgb1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (plek vir 2) 5 5 1 3 24 Fourie Street Lydenburg 1120 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -25.089107 30.456942
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za