Angelview Guest Accommodation
Beskrywing
Angelview Guest Accommodation bied 2 gastekamers met beperkte selfsorggeriewe, 'n selfsorg-eenheid en is op 'n privaat eko-natuurreservaat van 50 hektaar, 10 minute se ry vanaf Knysna se middedorp en die waterfront geleë. Angelview is hoog op 'n rif geleë, 1 km vanaf die hoofsekuriteitshek, en dit het 'n pragtige uitsig oor Knysna se strandmeer en op die Outeniekwaberge. Daar is gratis, veilige parkeerplek op die perseel. Daar is beperkte WiFi beskikbaar.
Elke kamer het 'n privaat ingang en 'n koningingrootte-bed met 'n elektriese kombers, plafonwaaier en 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort. Die gastekamers het beperkte kookgeriewe, 'n induksieplaat, mikrogolfoond en 'n yskassie. Daar is gemakstoele binne en buitesitplek op 'n patio asook 'n buitebraai en 'n eetarea.
Die selfsorg-eenheid het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbank wat ideaal is vir 2 kinders, maar ook vir 'n volwassene kan werk. Daar is ’n kombuisie wat goed toegerus is met 'n mikrogolfoond, induksieplaat en eetgerei vir 4 gaste. 'n Waaier en verwarmer is beskikbaar. Die leefarea het 'n tafel met stoele en 'n TV met volledige DStv. Beperkte WiFi is beskikaar en die eenheid het sy eie ingang.
Daar is 'n geplaveide area rondom die 12 meter lange swembad met 'n buitebraai en eetarea. Die swembaddek het 'n sonkombers om die temperatuur warm hou.
Die landgoed se huise is goed versprei en individuele is nie omhein nie. Daar is talle voetslaanpaadjies om te verken en voëlkykgeleenthede. Die landgoed is langs die Simola Gholfbaan geleë.
Kenmerke
- Afrikaans
- Swembad
- Braaiplek
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Braaiplek
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Angelview Guest Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |