LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Anju 15 | LekkeSlaap
+7

Anju 15

Selfsorg

Kliek op enige tarief om 'n meer volledige prysberekening te sien.

Ekstra Fooie

Bo en behalwe die tariewe in die tabel hieronder, hef die instansie ook 'n eenmalige R 550 administrasiefooi per bespreking.

Prys sluit in
Anju 15
Selfsorg
Huisreëls

Let asb. daarop dat 'n adminfooi van R550 en 'n terugbetaalbare breekskadedeposito van R1000 voor die inklokdatum betaal moet word en is nie by die tarief ingesluit nie.
Die besprekings-ooreenkoms wat aan gaste gestuur word sodra die deposito betaal is moet ingevul word en voor aankoms teruggestuur word. Sleutels word nie oorhandig sonder die nodige dokumentasie wat aan Just Property teruggestuur moet word nie.
Die breekskadedeposito sal binne die eerste maand na die uitklokdatum terugbetaal word, minus enige aftrekkings vir breekskade.
Sou die eiendom opsetlik, of per ongeluk beskadig word, stem gaste in om vir enige vermelde skade te betaal indien dit die bedrag van die breekskadedeposito oorskry.
Sou gaste by die perseel aankom en opmerk dat daar skade is, is dit die gas se verantwoordelikheid om ons onmiddellik daarvan in kennis te stel.
Die breekskadedeposito sal gehou word en in die rekening wat deur gas verskaf is, betaal word.
Onthou asseblief om rekeningbesonderhede aan ons te via e-pos te stuur.
Gaste moet asseblief nie die maksimum hoeveelheid gaste wat in die eenheid toegelaat word, oorskry nie. Indien gaste versuim om aan hierdie versoek te voldoen, sal gaste nie meer op die perseel toegelaat word nie en ook nie terugbetaal word nie en 'n kennisgewingtydperk sal ook nie gegee word nie.
'n Nie-terugbetaalbare kansellasiefooi van R500 word op alle kansellasies gehef. Die R500 is bo en behalwe die persentasie wat reeds as die kansellasiefooi aangedui word.
Rook is verbode binne die eenhede, woonstelle of huise en indien hierdie reël oortree word, sal gaste die volledige breekskadedeposito verbeur.
Moenie vergeet om die volgende saam te bring nie:
Swem- en badhanddoeke.
DStv-dekodeerder met afstandbeheer en slimkaart.
Gaste moet hul eie skoonmaakmiddels en toiletpapier saambring. Ons voorsien die eerste rol toiletpapier vir elke badkamer.
Sou gaste van die skoonmaakdienste in die eenheid gebruik wou maak, moet ons 24 uur voor die dag wat gaste die dienste versoek, in kennis gestel word.
Ons voorsien nie 'n skoonmaakdiens nie, maar dit kan met ons gereël word en direk aan die skoonmaker wat vir die eenheid verantwoordelik is, betaal word. Die gas moet die skoonmaker om 08:00 by ons kantoor kom optel.
Skoonmaakdienste is nie op Sondae en openbare vakansiedae beskikbaar nie.
Gaste kan nie vroeër as 14:00 inklok nie.
Geen sleutels kan aan gaste oorhandig word voordat die volledige of finale bedrag nie betaal is nie.
Gaste moet asseblief seker maak dat die volledige balans in ons bankrekening reflekteer 7 dae voordat hulle inklok. Sleutels moet by Just Property Uvongo afgehaal word. Aanwysings na die vakansie-perseel sal in 'n koevert aan gaste voorsien word.
Indien gaste na-ure arriveer moet die sleutels by Wolf Security in Uvongo afgehaal word.
Aankoms oor naweke of openbare vakansiedae - sleutels moet by Just Property Uvongo se kantore afgehaal word voor 11:00 en indien later by Wolf Security in Uvongo.
Sleutels moet aan Just Property Uvongo se kantoor terugbesorg word en-/of in die "Na-ure"-sleuteldepositogeriewe geplaas word.
Gaste sal aanspreeklik gehou word vir alle kostes wat verband hou met verlore sleutels of sleutels wat nie aan ons terugbesorg is na gaste vertrek het nie.
Die instansie kan nie aanspreeklik gehou word vir enige verlies of ongerief aan ons huurders weens enige dade buite ons beheer nie. In die geval dat enige toestel buite werking is, sal ons nie verantwoordelik gehou kan word vir die vervanging daarvan nie.

Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Ons Covid-19 waarborg: Ons waarborg ’n volle terugbetaling vir enige kansellasies weens nasionale of provinsiale beperkings op reis wat jou daarvan weerhou om jou bespreking te gebruik Lees meer

In sekere gevalle wanneer 'n deposito betaal is en die gas wil kanselleer, word 'n nie-terugbetaalbare kansellasiefooi van R500 op alle kansellasies gehef. Die R500 is bo en behalwe die persentasie wat reeds as die kansellasiefooi aangedui word.

Meer as 1 maand voor die inklokdatum: 50% van die deposito word terugbetaal.
Meer as 2 weke voor die inklokdatum: 25% van die deposito word terugbetaal.
Minder as 2 weke voor die inklokdatum: 0% van die deposito word terugbetaal.

Breekskadedeposito

'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R 1000 moet direk aan die instansie betaal word.

Vanaf
R430
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R430
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R430
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: Lagoonrylaan, Anju 15, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6fa33a5575d09c48ef93af02067eb6507d430b77c4dc50e20fcbc93027ffb60483254ac7dcd8b2cb5cfb437e9724d409007a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R430  per nag(plek vir 2) Lagoon Drive Anju 15 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 08:00 -30.858395852743 30.371960049702
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!