Anlin Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Anlin Beach House is in 'n stil, veilige woonbuurt van Plettenbergbaai geleë en bied 4-ster-verblyf wat bekostigbaar én luukse is en net 100 meter se stap vanaf die bekende Robbergstrand af is.

Jy het 'n keuse van B&B-verblyf of selfsorg in een van 4 akkommodasie-opsies. Die suites is in 'n moderne, kontemporêre styl versier en sluit 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en DVD-speler in. Die eenhede word daagliks skoongemaak. Dis nie jou tipiese strandhuis nie: Die eklektiese vermenging van Afrika-kuns en artefakte en kontemporêre meubels skep 'n gesellige atmosfeer wat jou jou skoene wil laat uitskop en jou die kans bied om lang, lui dae gedurende jou see-vakansie te geniet.

Die goue sand van Robbergstrand strek tot by die bekende Robberg Natuurreservaat na die suide en die ewe bekende Beacon Isle Hotel na die noorde. Die strand is 3,5 km lank en perfek vir 'n lang wandeling of om 'n afgesonderde plek te vind om te ontspan en die son te geniet. Strandhanddoeke, stoele en sambrele word voorsien.

Daar is so baie om te sien en te doen in die area en Plettenbergbaai as 'n ideale basis aanbeveel vanwaar jy die Tuinroete van Suid-Afrika kan ontdek. Anlin Beach House
beveel minimum verblyf van 3-4 dae aan om te ontspan en die omliggende omgewing te geniet.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Anlin Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 324 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]