St Lucia Estuary Akkommodasie by Annas Bed and Breakfast | LekkeSlaap
+33
+33

Annas Bed and Breakfast

B&B
  • Vanaf R1 050 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8, Kuda Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Die kusdorp St Lucia is geleë aan die Indiese Oseaan, 'n 3 ure rit noord van Durban en 6 ure vanaf die Krugerwildtuin. Dit is die suidelike poort na die iSimangaliso Wetland Park, 'n wêreld-erfenisgebied, en is waarskynlik die enigste dorp in Suid-Afrika wat 'n unieke mengsel van bosdiere (olifante, leeus en luiperds), 500 voëlspesies en seelewe (walvisse en dolfyne) binne 50 km van mekaar bied. Die sub-tropiese klimaat waarborg warm tot hittige weer dwarsdeur die jaar. St. Lucia is omring deur 'n natuurreservaat, en dus is daar geen geboue in of naby die strand en geen verblyf met 'see-uitsigte' nie.

Anna's B&B is 'n vriendelike en gasvrye gastehuis. Toegewy aan 'daardie tikkie persoonlike aandag', verseker die eienaar, Richard Facer, dat gaste net die beste van die area geniet. Met sy plaaslike kennis verseker die eienaar dat toere en wildbesigtigingsritte wat deur die B&B bespreek word, van die beste gidse in die area gebruik maak.

Die aanloklike swembad in 'n stil tuis tussen welige palms is die ideale plek om af te koel na 'n besige dag. Al 4 die gesellige kamers is gerieflik en goed gemeubileerd. Almal het lugversorging met private en suite-geriewe en onderdak-balkonne. Die gesinskamer bied slaapgeriewe vir tot 4 persone terwyl die ander dubbelkamers is. Tee en koffie is in elke kamer beskikbaar tesame met 'n haardroër. Ontbyt word bedien op die onderdak-patio wat uitkyk oor die swembad en tropiese tuin.

Verskeie restaurante is net om die draai, so 7 min se stap van ons af, en die strand is slegs 5 min se ry. Geriewe sluit strandhanddoeke en gidse in.

2 nagte sal genoeg tyd wees om St Lucia te verken, insluitend 'n rustige rit deur die Wetland Wildsplaas waar buffels, renosters en ander wild te siene is, na Kaap Vidal vir 'n paar ure op die strand en snorkel, en dan terug na St Lucia vir 'n vaart teen die riviermonding af. Die 3de dag kan 'n begeleide toer insluit na die Hluhluwe/Imfolozi Wildsplaas (die 3de grootste in Suid-Afrika en die naaste aan Durban wat die Groot 5 huisves), of 'n 2 ure lange walviskyk-ervaring (Maart tot November). Ander plaaslike aktiwiteite sluit in: voëlkyk, stap, 'n kulturele toer, diepsee- en kushengel, nagritte en 'n kajakrit in die riviermonding.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 7 resensies vir Annas Bed and Breakfast
Netheid
4.1/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • 8, Kuda Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Annas Bed and Breakfast het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 050
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8, Kuda Straat, St. Lucia, 3936, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDU0Zjk4ODBmLTJlNGItNGIxZS1hOGI4LTY5OTFiY2Q3NzcxZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 050  per nag (vir 2 persone) 7 5 1 5 8, Kuda Street St. Lucia 3936 KwaZulu-Natal 086 999 0018 12:00-18:00 10:00 -28.381017659197 32.412822246552
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za