Annies Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Klop by ons aan as jy op soek is na selfsorgverblyf in Bredasdorp. Annies Cottages bied tradisionele kothuise in 'n rustige woonbuurt.

Die kothuis is in 1856 gebou en het 2 dubbelkamers, die Anneks het 'n dubbelkamer, en daar is nog 2 beddens in die solder. Die kothuis is ideaal vir 'n groep van 4 wat op reis is, aangesien dit meer gepas is vir 'n groter groep. Die anneks is 'n knus opsie vir 2 mense, maar is te beperk vir groot groepe.

Albei eenhede is pragtig versier en goed toegerus met die meeste van die geriewe wat jy by die huis het. Perkallinne, badhanddoeke en japonne word voorsien. Die Anneks het 'n Queen Anne-stoof en daar is 'n Dover-stoof in die kothuis. Verder is die eenhede toegerus met TV's met sekere DStv-kanale, gratis WiFi, en koffie- en teemaakgeriewe. Beskuit word voorsien.

Dit is 'n baie stylvolle, rustige omgewing. Gaste word bederf met tikkies ongekunsteldheid, soos klipteëls, grasdakke, karaktervolle meubels, hortjies en houtbalke. As jy hou van ouwêreldse bekoorlikheid met 'n moderne kinkel, sal jy mal wees hieroor.

Gaste het hul eie patio met braaigeriewe en 'n kuierarea. Die kothuise het ook hul eie ingange van die straat af, maar deel 'n lang, welige tuin. Die eenhede is ver genoeg van mekaar af om genoeg privaatheid te bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Annies Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za