Phalaborwa Akkommodasie by Antares Field Guide Training Centre | LekkeSlaap
+18

Antares Field Guide Training Centre

2 resensies
Rugsakreisigerslosies
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 39 Grietjie, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Antares Field Guide Training Centre bied 'n ontspanne en bekostigbare selfsorg-opsie vir die vreeslose en onverskrokke rugsakreisiger wat mal is oor die natuur. Ons is in 'n Groot 5-wildreservaat geleë en bied 'n oorvloed wildlewe wat daagliks die watergat besoek. Hier kan jy ontspan in die swembad met 'n koue bier en die troppe olifante dophou terwyl hulle hul dors les en saans na die brul van die leeus luister terwyl jy om die vuur kuier en braai.

Ons geriewe is ten volle geëlktrifiseer en daar is onbeperkte WiFi-toegang regdeur die instansie. Ons het 4 slaapkamers met slaapplek vir tot 12 gaste. Elke kamer kan 1 tot 4 gaste akkommodeer.

Daar is 3 gedeelde badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis met 'n stoof, mikrogolfoond, 2 yskas-vrieskaste en meer as genoeg plek om te sit en eet, binne en buite. Ons gemaklike leefarea het 'n TV met plaaslike kanale en DVD- en video-geriewe. Die leefarea en eetkamer se mure is versier met antieke skilderye en moderne wildfoto's. 'n Wasgoeddiens is beskikbaar op versoek. Ons bied ook parkeerplek vir 6 voertuie.

Buite is daar 'n swembadjie waar jy kan ontspan terwyl jy die wild langs die watergat dophou. Daar is 'n vuurmaakplek en braai-area buite wat bydra tot die Afrika-romanse. Saans kan jy die klanke van die omliggende natuurlewe waardeer terwyl jou steak op die vuur sis.

Ons is sowat 32 km vanaf die naaste dorp en winkel, so ons beveel privaat vervoer aan, maar 'n pendeldiens kan gereël word indien nodig. Begeleide wildritte en staptoere in die Groot 5-wildreservaat saam met 'n bewapende en gekwalifiseerde gids kan met aankoms gereël word. Ons reservaat spog ook met meer as 300 spesies vir ywerige voëlkykers.

Ons kan ook 'n toer na die wêreldbekende Krugerwildtuin en ander plaaslike besienswaardighede reël, of jy kan self soontoe ry. Ons is slegs 35 km vanaf die naaste hek.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 2 resensies vir Antares Field Guide Training Centre
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Erf 39 Grietjie, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Gaste dink Antares Field Guide Training Centre het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 39 Grietjie, Phalaborwa, 1390, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ3ODliY2Y0LTM1M2MtNDY2My1hZjNmLTA2Njc1ODZlZDU4NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 750  per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 Plot 39 Grietjie Phalaborwa 1390 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.099030555556 30.986547222222
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za