Antrim Villa Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 15 Des 2019.

Beskrywing

Antrim Villa is 'n wonderlike ou huis wat in die laat 1800's gebou is. Die huis se bekoring is te danke aan die Victoriaanse styl, hoë plafonne, goed onderhoude pleisterkalk en oorspronklike oregon-dennehoutvloere. Die villa se styl is Afro-Skandinawies en dit word gekenmerk deur die materiale wat gebruik is soos hennep, bamboes en linne. Die binnekant het 'n neutrale kleurpalet met aardse kleure.

Die villa het 5 tipes kamers: enkel-, standaard-, standaard-dubbel-, luukse 2-enkelbed-, luuske dubbel- en luukse gesinskamers. Elke kamer het 'n en suite-badkamer, kluis, waaier en verwarmer. Die luukse kamers het ook yskassies en platskerm-TV's. Die huis bied ook gratis WiFi, 'n eerlikheidskroeg, tee- en koffiemaakgeriewe, warmsjokolade en vars vrugte.

Daar is 'n groot soutwaterswembad in 'n beskutte tropiese tuin. Sonstoele, 'n buitestort en swemhanddoeke word voorsien. Die villa bied ook veilige parkeerplek van die straat af, 24 uur-diens en veiligheid.

Die huis is in Groenpunt geleë, en is net 5 minute se stap van die promenade af, en 15 minute se stap van Kaapstad-stadion af en 'n halfuur van die V&A Waterfront af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Persoonlike Kluis
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Antrim Villa Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 090 R872 per nag (plek vir 2)

Kry 20% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 15 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za