Mosselbaai Akkommodasie by Apartment on the Dune | LekkeSlaap
+43
+43

Apartment on the Dune

Selfsorg
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compacta-straat 18, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap

Beskrywing

Apartment on the Dune is ’n selfsorgwoonstel op die gasheer se perseel en is op ’n duin in Danabaai, 12 km vanaf Mosselbaai se middedorp.

Die perseel is net ’n straat van die strand af, in ’n doodloopstraat met groenstreke aan 3 kante en lieflike see-uitsigte. Dié woonstel bied slaapplek aan 6 volwassenes en 2 kinders en is op die onderste vloer en het 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 slaapkamers deel 'n aangrensende badkamer.

Die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die vierde slaapkamer het stapelbeddens vir kinders. Dié 2 slaapkamers deel 'n aangrensende badkamer. Elke badkamer het 'n bidet, toilet en wasbak. Warm water word via gasgeisers voorsien en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met ’n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stofie, wasbakkie en skottelgoedwasser toegerus.

In die aangrensende leefarea is daar ’n TV met DStv-Premium-kanale. Die leefarea lei na ’n onderdakpatio met ingeboude braaigeriewe en dit kyk uit oor die tuin en die see. Gaste kan soms walvisse en dolfyne vanaf die patio sien.

Daar is parkeerplek op die perseel en in die straat. Die perseel het diefwering en ’n sekuriteitstelsel. Die gashere bly deeltyds op die boonste verdieping en het honde wat op die perseel bly.

Slaapplek

’n Bespreking by Apartment on the Dune sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Gratis WiFi
Swembad
Jacuzzi
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Xhosa

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Compacta-straat 18, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 8)
VEILIGE BETALING VIA
LEKKESLAAP.CO.ZA
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone, alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Compacta-straat 18, Danabaai, Mosselbaai, 6510, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxxhyy0UNwpUwUUx6XkeGkqUy24zG3H1JdPfAafPqYkhHEvJBiN?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 8) 0 5 1 0 18 Compacta Street Dana Bay 6510 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-18:00 10:00 -34.204802 22.04231
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za