Apartments 67 on Long Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Woonstel 1207 is op die twaalfde vloer geleë en bied 'n pragtige uitsigte op Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel. Woonstel 905 is op die negende vloer geleë en kyk gedeeltelik uit oor Seinheuwel. Langstraat het oneindig baie kuierplekke, klubs en restaurante wat jy kan besoek met internasionale kookkuns om enige mond te laat water.

Die verblyf bestaan uit 2 woonstelle, elk met 2 slaapkamers en 1 volledige badkamer. Daar is 'n oopplan-sitkamer, eetkamer en kombuis wat na 'n balkon lei. Die kombuis het moderne toebehore.

Gratis onderdakparkeerplek is beskikbaar vir gaste in 'n motorhuis met sekuriteitswagte. Jy kan jou woonstel bereik deur 'n hysbak wat baie veilig is. Daar is sigbare polisie-beamptes in die omtrek wat sal seker maak dat veiligheid ten alle tye geskied. Jy kan Langstraat bereik deur 'n voorportaal wat heeldag- en nag beman word deur 'n sekuriteitswag.

Die gewilde Groentemarkplein en St Georges Mall is net om die draai van die woonstel. Tafelberg, die V&A Waterfront, heelwat strande en talle besienswaardighede is maklik van die woonstel af bereikbaar. Verskeie vervoermiddels is beskikbaar: huurmotors, openbare vervoer en die Cape Town Tourism Hop-on, Hop-off se rooi busse. Klim in/op een van hierdie en verken die Kaap!

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Portier
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Apartments 67 On Long Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za