LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Apiesdoorn Plaashuis in 'n Oerwoudtuin | LekkeSlaap
+30

Apiesdoorn Plaashuis in 'n Oerwoudtuin

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerweg, Doornhoek Plaas, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Apiesdoorn Plaashuis in 'n Oerwoudtuin is in die middel van 'n oerwoudtuin en bied gerieflike selfsorgverblyf aan 8 gaste op 'n avokadopeer-plaas in Tzaneen.

Dié ruim huis beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, eetarea en 'n sitarea. Twee van die slaapkamers is in die ruim solderarea en het elk 'n dubbelbed. Hierdie slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n toilet. Daar is 'n kantoor en 'n sitarea op hierdie verdieping en dit spog met mooi uitsigte.

Twee van die slaapkamers is op die grondverdieping en deel 'n badkamer wat 'n bad, stort en toilet het. Een van die slaapkamers het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Linne, ekstra komberse en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en gaste kan hul maaltye by die etenstafel geniet. Wasgoed en skottelgoed kan op versoek teen ekstra koste gedoen word.

Gaste kan in die sitarea ontspan voor die TV met 'n internetkonneksie en toegang tot Netflix en YouTube. Om DStv te kyk, moet gaste asb. hul eie dekodeerder, afstandbeheer en slimkaart saambring.

Die leefarea lei na 'n groot stoep met 'n hout- en gasbraai en bied 'n uitsig oor die dammetjie en tuin. Gaste het toegang tot 'n vuurput in die tuin wat meer as 100 groot bome het, waarvan 40 inheemse boomspesies is. Daar is verskeie voëlspesies en nagapies in die tuin, en nou en dan kom 'n bokkie ook besoek aflê.

Apiesdoorn Plaashuis in 'n Oerwoudtuin het nie nabye bure nie en begeleide kort stappies deur die avokadoplantasie en klein, inheemse woud is beskikbaar op versoek.

Gaste kan ook 1 km na die Tzaneendam toe stap. Hier kry gaste 'n 360°-uitsig oor die vallei, dam, dorp en op die berge.

Slaapplek

’n Bespreking by Apiesdoorn Plaashuis in 'n Oerwoudtuin sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Stapelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xStapelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Voortrekkerweg, Doornhoek Plaas, Tzaneen, 0850, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Tzaneen Laeveld Limpopo
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 8)
Vanaf R1 500
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 10:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerweg, Doornhoek Plaas, Tzaneen, 0850, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA009b00a1532a5b6fac2ad92790e1be8e7d993eddb13ec7656663b16350b78ee103295fe4f5f1c55b77d5c715130ed72b7cd5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (plek vir 8) Voortrekker Road Doornhoek Farm 0850 Limpopo 086 999 0018 10:00-19:00 10:00 -23.794612355382 30.17394254698
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!