Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Appelkooskop Cottage

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R319, Sans Souci Plaas, 35 km vanaf Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Appelkooskop Cottage is 'n bekoorlike klipkothuis met slaapplek vir 4 tot 6 gaste. Dit sit op sy eie in 'n vallei en bied algehele privaatheid en ouwêreldse sjarme. Dit is net langs die R319 tussen Swellendam en Bredasdorp. Dié kothuis is van ongekunstelde klip gebou met rou pleistermure en dis versier met antieke items wat oor die jare versamel is.

Die knus kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer wat deur alle gaste gedeel word. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is in die solder en het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Die kothuis is ideaal vir 'n klein gesin met kinders. Alle linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is met 'n yskas, gasstoof en 'n kaggel toegerus. Maaltye kan by die etenstafel genuttig word. Die kothuis het ook 'n knus sitkamer. Daar is geen elektrisiteit nie, en gaste kan dus 'n romantiese atmosfeer met die kerse wat voorsien word skep.

Die leefarea lei na 'n onderdakstoep met ingeboude braaigeriewe en 'n uitsig oor die omgewing. Hout, 'n braairooster en vuuraanstekers word voorsien. Daar is geen selfoonsein in die kothuis nie, maar wel 'n paar meter buite die kothuis.

Aktiwiteite sluit lang ente se stap, bergfietsry en skemerkelkies by die nabygeleë uitkykpunt in. Die uitkykpunt bied 'n 360°-uitsig oor die Overberg. Gaste kan ook Bredasdorp, Malgas, en die De Hoop Natuurreservaat verken, wat alles binne 'n 50 km-radius is.

Slaapplek

’n Bespreking by Appelkooskop Cottage sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Verekombers
  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 34 resensies vir Appelkooskop Cottage
Netheid
4.7/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.7/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Anine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Jaar gelys 11

Ligging

  • Langs die R319, Sans Souci Plaas, 35 km vanaf Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Gaste dink Appelkooskop Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Langs die R319, Sans Souci Plaas, 35 km vanaf Bredasdorp, 7280, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRiMmNiMmQ1LTVkNDItNDc3OS05ZjU5LWI3NGM5MTY0Y2QzMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 4 mense 34 5 1 5 Off the R319 Sans Souci Farm 7280 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.309150394884 20.252731128968
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem