Aqua Breeze

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 14 % af

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Aqua Breeze is 'n knus selfsorgwoonstel vir 6 gaste in Uvongo Beach, net 600 m van die strand en getypoel af.

Die woonstel op die eerste verdieping lei na 'n balkon met 'n swembad en 'n uitsig oor die see, en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer lei na die balkon en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die ander slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens en deel die badkamer met 'n bad. Gaste moet asb. hulle eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. 'n Skottelgoedwasser is beskikbaar en maaltye kan by die ontbyttoonbank geniet word.

Die sitarea het 'n TV met 'n DVD-speler en DStv is op versoek teen ekstra koste beskikbaar. Die leefarea lei ook na die balkon.

'n Toesluitmotorhuis en die gemeenskaplike swembad is vir gaste beskikbaar. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Gaste kan lekker op die strand uitspan, in die Uvongo Natuurreservaat gaan stap, of besienswaardighede soos die Uvongo Voëlpark, Oribi Gorge Natuurreservaat, Riverbend Krokodilplaas, Skyline Natuurreservaat en meer besoek.

Slaapplek

'n Bespreking by Aqua Breeze sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aqua Breeze gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 R643 per nag (plek vir 6)

Bly 7 nagte en betaal slegs vir 6 vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Jul 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false