Aquarius Beach Front Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aquarius Beach Front Apartment is 'n luukse selfsorgwoonstel in die veilige Aquarius Hotel Suites in Bloubergstrand. Die woonstel is deur 'n binnenshuise versierder ingerig en bied 'n asemrowende uitsig oor die see en op die ikoniese Tafelberg. Die kompleks is oorkant die see en is naby verskeie winkels, kroeë en restaurante.

Hierdie woonstel op die agtste verdieping het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Die tweede en derde slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Gaste kan see- en berg-uitsigte van hul slaapkamer af geniet.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met moderne geriewe en daar is 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 6 en die leefarea bied toegang tot 'n onderdak-balkon met buitemeubels en 'n asemrowende uitsig. Daar is ook 'n lessenaar.

Die Aquarius Apartment-kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad, gimnasium en gesondheidspa, asook 24 uur-sekuriteit en 2 aangewese kelderparkeerplekke.

Slaapplek

'n Bespreking by Aquarius Beach Front Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aquarius Beach Front Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 600 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za