Clarens Akkommodasie by Aquila in Clarens | LekkeSlaap
+19

Aquila in Clarens

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R3 300 per nag (plek vir 8)
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarens Golf and Trout Estate, Self-catering at number 51, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Aquila in Clarens bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n spoggerige vierslaapkamerhuis in Clarens Golf and Trout Estate. Clarens is 'n baie gewilde, skilderagtige wegbreekbestemming.

Aquila in Clarens het slaapplek vir 8 gaste in 4 ruim kamers wat pragtig ingerig is. Die eerste, tweede en derde slaapkamers het dubbelbeddens en daar is 2 enkelbeddens in die vierde slaapkamer. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad, groot ingeboude kaste en spieëltafels. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die huis se tweede vlak bestaan uit 'n oopplan-leefarea met 'n woonkamer, eetkamer en 'n kuierhoekie. Die leefarea is pragtig gemeubileer en toegerus met 'n kaggel. Die twee skuifdeure lei na veranda met buitemeubels en 'n braaiplek. Hier kan gaste rustig sit en Clarens, Rooiberg, en die Malutiberge in die verte gadeslaan. 'n TV met sekere DStv-kanale is beskikbaar.

Die kombuis kyk uit oor die leefarea en is toegerus met 'n graniettoonbank, oond, glasstoofplate, 'n groot yskas-vrieskas en 'n mikrogolf. Die opwaskamer het 'n skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër en wasbakke. En daar is 'n dubbelmotorhuis en ekstra parkeerplek vir twee motors in die oprit.

Pinnacle Point het die gholfbaan in 'n 18 putjie-gholfbaan omskep. Die 18 puntjies is pragtig gerangskik al langs die rivier en die damme. Die klubhuis is mooi ingerig en het 'n uitsig oor die berge. Gaste kan verskeie doendinge in die area geniet. Dit sluit in: riviervlotvaart, perdry, vierwielmotorfietsry, voetslaan, tennis, muurbal, kunsvlieghengel, kunsklassse, gholf, abseil, bergroetes, en daar is ook natuurreservate en rotstekeninge in die omgewing. Doen gerus navraag oor al hierdie aktiwiteit by Clarens se inligtingskantoor.

Slaapplek

’n Bespreking by Aquila in Clarens sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Aquila in Clarens
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Clarens Golf and Trout Estate, Self-catering at number 51, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Aquila in Clarens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 8)
Vanaf R3 300
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Clarens Golf and Trout Estate, Self-catering at number 51, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE0ZjRmNmY1LTdiNGItNDgzNS1iMmY5LTU0NmJjZGNjZmNlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 300  per nag (plek vir 8) 2 5 1 5 Clarens Golf and Trout Estate Self-catering at number 51 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.50712 28.428762
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za