Arabella No 1

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Arabella No 1 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerwoonstel met 'n lieflike strandmeer-uitsig. Dis in 'n woonstelkompleks stapafstand vanaf Margate se strand en ook naby restaurante.

Dié woonstel beskik oor 2 verdiepings en die slaapkamers is op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, lugversorging en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n tweede badkamer.

Die boonste verdieping beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien en tuimeldroër. Die woonstel het ook 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n DVD-speler. Die sitarea het 'n skuifdeur wat lei na die stoep met stoepmeubels, braaigeriewe en 'n strandmeer-uitsig geniet.

Linne en badhanddoeke word voorsien, maar bring asb. jou eie strandhanddoeke saam. Die woonstel word daagliks skoongemaak, beddens word opgemaak en die badkamer en braai-area word skoongemaak.

Slaapplek

'n Bespreking by Arabella No 1 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Arabella No 1 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false