Aran's 2 Bed Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Aran's 2 Bed Apartment bied selfsorgverblyf en is in ’n veilige gebou in Kaapstad se SSK geleë. Die gebou is lekker naby talle ontspannings- en sakegeriewe in die middestad.

Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koninggrootte-bed, elektroniese kluis, asook ’n en suite-badkamer. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens wat in ’n koninggrootte-bed omskep kan word en het toegang tot die tweede aparte badkamer met ’n stort. Albei badkamers het ook ingeboude kaste.

Die oopplan-kombuis is goed toegerus met ’n yskas, mikrogolf, oond en stoof en ’n wasmasjien-tuimeldroër. Die leefarea langsaan het ’n TV met DVD-speler en sekere DStv-Compact, asook ’n etenstafel met sitplek vir 4.

Gaste het toegang tot die gemeenskaplike swembad buite en die goed toegeruste gimnasium in die gebou. Die gebou het 24 uur-sekuriteit, ontvangs en toegewese parkeerplekke met afstandbeheer-toegang.

Die gebou is naby Kaapstad se naglewe, restaurante, museums, The Company's Garden, sowat 1,5 km vanaf Kunstekaap en KIKS en 3,5 km vanaf Kaapstad Stadion in Groenpunt en die V&A Waterfront, om net ’n paar te noem.

Slaapplek

'n Bespreking by Aran's 2 Bed Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aran's 2 Bed Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]