West Coast Eagle's Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

West Coast Eagle's Nest is in Lambertsbaai in die Wes-Kaap geleë. Dié dorpie is mees bekend vir watersport waaronder seiljagvaart, branderplankry, visvang en seilplankry. Ons is regs langs die strand geleë en bied panoramiese uitsigte oor die see. Dis die ideale wegbreekplek vir gaste wat op soek is na 'n luilekker vakansie.

Ons bied verblyf in 2 eenhede en 3 woonstelle. Elkeen van die eenhede bevat geriewe soos gemaklike beddens, 'n kombuis en 'n leef- en eetarea.

Ons bied ook verskeie geriewe op die perseel soos 'n braai-area, WiFi, konferensiegeriewe en veilige parkeerplek.

Daar is heelwat doendinge in die omgewing, waaronder kajak, visvang, voëlkyk, staproetes, perdry, bergfietsry, rotsklim, veldblomme in die lente, sterrekyk en swem.

Skakel ons asseblief as jy op pad is Lambertsbaai toe, 30 minute voor die inkloktyd (ons woon 10 km buite Lambertsbaai op Steenboksfontein Plaas en ons wil seker maak dat ons daar is wanneer gaste inklok).

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na West Coast Eagle's Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R550 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za