Argo Cabin

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Argo Cabin bied gerieflike selfsorgveblyf in 'n ateljeewoonstel langs 'n Griekse Restaurant in Club Mykonos. Dié woonstel is ideaal vir besoekers wat lekker naby die oord se naglewe en vermaak wil bly. Geleenthede word gereeld by die restaurant gehou.

Argo Cabin is 'n oopplan-ateljeewoonstel met 'n dubbelbed, badkamer met stort, sitarea, en 'n kombuisie met 'n mikrogolf, yskassie, ketel, en broodrooster. Daar is ook 'n klein ontbyttoonbank. Die woonstel is gerieflik geleë naby Club Mykonos se putt-putt-baan en Sea Stallion en Bugaloo Adventures is net sowat 200 m van die woonstel af.

Club Mykonos het 'n casino, restaurant, en 'n welwees-area en fiksheidsentrum. Gaste kan heerlik ontspan in die tuin langs die swembad of 'n rondte tennis speel.

Langebaan is 'n puik bestemming vir watersport, soos vlieërbranderry, seilplankry, water- en jet-ski, kajak, en kanovaarte. Gaste kan gerus ook 'n draai maak by die Weskus Nasionale Park wat sowat 20 minute se ry van hier af is.

Slaapplek

'n Bespreking by Argo Cabin sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 1 kind
1 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Argo Cabin gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R895 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za