Art Boutique Gallery and Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Art Boutique Gallery bied gehalteverblyf in die skilderagtige dorpie Kaapsehoop in Mpumalanga. Dié gastehuis is 32 km vanaf Nelspruit en is geskik vir vakansiegangers en sakereisigers.

Verblyf is beskikbaar in 3 gerieflike en suite-slaapkamers met 'n kunstema op die boonste verdieping van die huis. Die eienaar woon op die onderste verdieping. Elke gastekamer het gemaklike beddens en 'n privaat badkamer. In die gemeenskaplike sitkamer is daar DStv en tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, sitkamerstel en 'n etenstafel beskikbaar. Linne word met inklok voorsien en weekliks, of op versoek, omgeruil. Kamers word daagliks, behalwe op Sondae, skoongemaak. Daar is verwarmers en ekstra komberse in die kamers, aangesien Kaapschehoop in die berge geleë is en taamlik koud raak in die nag.

Geriewe sluit 'n braai-area en veilige parkeerplek op die perseel in. Dis verder troeteldiervriendelik. Die gemeenskaplike kombuis is op die grondverdieping geleë en goed toegerus, maar gaste moet asb. reël om gebruik te maak daarvan. Al die eiendomme in Kaapsehoop kry hul water van boorgate. Ons boorgatwater word versigtigheidshalwe gesuiwer. Drinkwater word ekstra gesuiwer met 'n filter onder die toonbank. Daar is oorgenoeg warm water vir jou stort beskikbaar. Waterdruk word met 'n elektriese waterdrukpomp voorsien.

Krag in Suid-Afrika word gereeld onderbreek as gevolg van Eskom-beurtkrag. Ons het 'n klein kragopwekker wat genoeg elektriese krag vir beligting voorsien.

'n Kampvuur word gereeld onder die sterre gemaak indien die weer dit toelaat. Gaste kan gerus die prag van die natuur in die aand in 'n veilige omgewing kom waardeer.

Ontbyt en ander maaltye kan by een van die verskeie restaurante in die area geniet word. Daar is ook 'n kunsgalery op die perseel waar gaste lieflike kunswerke deur plaaslike kunstenaars kan besigtig en koop.

Kaapsehoop is 'n historiese dorpie in die Mpumalanga-Drakensberge. Dit is ryk aan geskiedenis en natuurskoon. Sommige van die natuurlike terreine sluit 'n pragtige waterval sowat 15 minute se stap van die gastehuis af, 'n natuurlike rotstuin, 'n uitkykpunt, staproetes, Adam se Kalender, klipkringe, en die blouswael-reservaat in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Art Boutique Gallery And Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R560 R476 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false