Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Art Deco Villas

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 20% af

Kry 20% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smidstraat 14, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 R720 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Art Deco Villas is in die sonderlinge dorpie Middelburg in die Oos-Kaap geleë. Middelburg is in die middel van die land en 'n ideale oornagplek.

Verblyf word gebied in 5 gastekamers, elk met 'n privaat ingang en selfsorggeriewe.

Die selfsorgeenheid is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders onder 12 jaar. Die kamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die eenheid het 'n ruim leefarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, yskas en 'n mikrogolfoond toegerus is. Die leefarea het 'n dubbeldeur wat na 'n groot onderdakstoep met 'n stoepstel en sitplek vir 6 gaste lei. Daar is 'n braai voor die stoep.

Die selfsorgkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, eetgerei en breekware. Die kamer het 'n stoepdeur wat na 'n privaat stoep met sitplek vir 2 gaste. Daar is 'n ingeboude braai voor die stoep.

Die selfsorggesins-eenheid is geskik vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit het 'n oopplan-leefarea en 'n kombuis wat met 'n stoof, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kamer het 'n enkelbed en 'n dubbelbed. Die en suite-badkamer het 'n stort. Die leefarea het 'n buitedeur wat na 'n stoep met braaigeriewe lei.

Die Stoepkamer het 'n enkelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, broodrooster en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kamer is geskik vir 1 gas. Daar is ook 'n deur wat na die stoep met braaigeriewe lei.

Al 4 stoepe het 'n uitsig oor 'n groot tuin met lowergroen gras en groot inheemse bome waar voëls van vroeg tot laat kuier. Dit is ideaal vir 'n skemerkelkie in die stilte van die Karoo na 'n lang reis.

Die Annex beskik oor 'n kamer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Voor die kamer is daar 'n grasperk met tuinmeubels. Die eenheid het ook 'n yskassie, TV en tee- en koffiemaakgeriewe.

Aktiwiteite in die omgewing sluit 'n besoek aan die Uilhuis van Nieu-Bethesda, die Vallei van Verlatenheid in die Camdeboo Nasionale Park naby Graaff-Reinet en die Bergkwagga Nasionale Park naby Nxuba (Cradock) in.

Agter die gastehuis is veilige onderdakparkeerplek en toegang word beheer met 'n staalskuifhek wat met 'n afstandbeheer werk.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 78 resensies vir Art Deco Villas
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Smidstraat 14, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Art Deco Villas het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R900 R720
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R900 R720
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Smidstraat 14, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAjd4DPTArpTmzA5qWtF7OuvXdn5jVSmq4R1u3WnF353YpQgUfPg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R720 per nag, vir 2 mense 78 5 1 5 14 Smid Street Middelburg 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -31.49633 25.01113