Ashley Beach House
Kry 20% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 5 Jan 2021 tot 28 Feb 2021.
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ashley-weg, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R3 000R2 400 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ashley Beach House is 'n selfsorggesinshuis in Ballito. Die vakansiehuis het 'n asemrowende uitsig oor die see en die area vanuit meeste van die kamers.
Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers, 'n gastetoilet en 'n oopplan-leefarea. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koninggrootte-bed, instapkas en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het lugversorging, koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die derde slaapkamer het lugversorging en 2 dubbelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde en vierde slaapkamers deel die derde badkamer wat 'n bad en 'n stort het.
Die huis het ook 'n moderne kombuis met 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, oond, keramiekstoof met 5 plate, mikrogolfoond en 'n wasmasjien. Die hoofsitarea het stapeldeure wat na die hoofdek lei wat 'n pragtige uitsig bied. Daar is 'n tweede sitarea met 'n TV met DStv.
Die hoofleefarea lei na 'n veranda met 'n braai-area en etenstafel met sitplek en 'n uitsig oor die swembad. Die eiendom het WiFi en 'n alarmstelsel met 24 uur-sekuriteit.
Ashley Beach House is 1,6 km vanaf Salmon Bay-strand, 2,5 km vanaf Ballito Lifestyle Centre en Junction Mall, en 22,5 km vanaf King Shaka Internasionale Lughawe.
Let asb. op dat geen geraas by die huis toegelaat word nie aangesien dit in 'n woonbuurt geleë is en die bure in ag geneem moet word.
Slaapplek
’n Bespreking by Ashley Beach House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Ashley-weg, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ashley Beach House het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Ballito Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Ashley-weg, Ballito, 4399, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom