Ashman House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ashman House het slaapplek vir 8 gaste en is in die boomryke woonbuurt, Bel Ombre geleë.

Die huis is ideaal vir 'n gesin en beskik oor 4 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Die vierde slaapkamer is aan die anderkant van die huis en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer.

Die ruim vermaakkamer bied 'n kroeg en 'n TV met DStv en daar is 'n aparte TV-kamer vir kinders langs die kombuis. WiFi is ook beskikbaar. Die leefarea lei na 'n stoep wat oor die swembad en op die berge uitkyk. Die swembad het 'n bedekking en daar is braaigeriewe en 'n etenstafel met sitplek vir 10 gaste op die stoep.

Ashman House word drie keer per week skoongemaak en het 'n alarmstelsel wat aan nooddienste reaksie gekoppel is. Parkeerplek vir 6 voertuie is beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Ashman House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ashman House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 680 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za