Asteroidea
Beskrywing
Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer terwyl die ander 2 kamers die vol badkamer en gastebadkamer deel. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n skottelgoedwasser. Die sitkamer het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met vol DStv. Daar is buitemeubels, 'n hangmat en 'n ingeboude braai op die stoep waar gaste kan ontspan en luister na die gedruis van die branders.
Die eenheid/kamer het
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
- •Patio
- •Privaat ingang
Badkamer
- •Bad
- •En-suite
- •Stort
Kamergeriewe
- •Eetkamer
- •Sitkamer
Elektriese Toebehore
- •Yskas
- •Mikrogolfoond
- •Oond
- •Stoof
Vermaak
- •Eksklusiewe dstv
- •Tv
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Die balans is 7 dae voor die inklokdatum betaalbaar.
Gaste mag nie op Goeie Vrydag, Kersdag of Nuwejaarsdag in- of uitklok nie.
Sleutel- en breekskadedeposito:
'n Sleutel- en breekskadedeposito is betaalbaar saam met die deposito vir die bespreking. Dit is via bankoorplasing terugbetaalbaar 5 - 7 werksdae na die uitklokdatum nadat die huis vir breekskade nagegaan is. Let daarop dat die sleuteldeposito teruggehou sal word en ekstra fooie gehef sal word indien meer as die bespreekte aantal gaste op die perseel aangetref word. Voorsien asb. jou bankbesonderhede met aankoms. Sleutels sal nie oorhandig word mits die sleutel- en breekskadedeposito ontvang is nie.
Minimum-verblyftydperk:
Buite- en midseisoen: 2 nagte
Langnaweke: 3 nagte
Paasnaweek: 4 nagte
Hoogseisoen: 7 nagte
Gaste moet by ons kantoor aanmeld om sleutels af te haal:
Draai links by die eerste vierrigtingstopstraat in Paternoster. Die "Stay in Paternoster"-kantoor is sowat 75 m verder aan die regterkant, St Augustine-weg 87.
Inkloktye:
Maandae tot Donderdae: 14:00 - 17:00
Vrydae: 14:00 - 19:00. Let asb. daarop dat 'n heffing van R200 betaalbaar is indien jy later inklok as die tyd wat op die bepalings en voorwaardes aangedui is.
Saterdae en Sondae: 14:00 - 16:00
Openbare vakansiedae: 14:00 - 16:00
Uitkloktyd:
Stiptelik teen 10:00. Indien gaste na 10:00 uitklok sal 'n laat-uitklokfooi gehef van R200 per uur of gedeelte daarvan gehef word.
Wees asb. te alle tye bedagsaam.
Partytjies en harde musiek word nie toegelaat nie. Indien gaste of besoekers hulself wangedra het die bestuurder die reg om die bespreking te kanselleer en gaste te vra om die eenheid te ontruim.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 85%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 20%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: No. 23, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom