Astral Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 18 Des 2019.

Beskrywing

Astral Guest House het 2 selfsorgwoonstelle in Wildernis op die Tuinroete. Ons is slegs sowat 5 minute se ry van die beeldskone en ellelange Wildernis-strand af waar jy luilekker dae in die son kan deurbring, so moenie jou sonskerm vergeet nie!

Die Cactus-woonstel is 'n tweeslaapkamerwoonstel. Albei slaapkamers het dubbelbeddens en die groter slaapkamer het 'n dubbelstapelbed ook. Die slaap- en woonkamers het plafonwaaiers vir daardie bedompige somersaande aan die kus. Die hoofslaapkamer het ook 'n kluisie vir jou waardevolle items. Die volledig toegeruste kombuis het 'n ingeboude stoof en oond, 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en wasmasjien en al die nodige kleiner toestelle insluitend 'n strykyster. Daar is ook 'n brandblusser en rookverklikker vir jou veiligheid en 'n basiese noodhulpkissie.

Clivia is 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n dubbelbed en slaapbank in die sitkamer. Die oopplan-sitkamer en slaapkamer het plafonwaaiers. Die woonstel het gas vir warmwater en kook en oorgenoeg kasspasie. Daar is ook 'n badkamer met 'n groot stort, wasbake, 2 aparte toilette en 'n wasmasjien. Dit het ook sy eie privaat braa-area onder die melkhoutbome.

Albei woonstelle het 'n volledige DStv-pakket en WiFi. Vra net die kode met aankoms. Buite op die patio is 'n houttafel met bankies, 'n sambreel en 'n draagbare braai.

Ons is slegs 11 km van die Garden Route Mall en die nuwe Eden Meander winkelsentrum af en 15 minute vanaf George Lughawe. Wildernis is bekend vir die verskeidenheid buitelug-doendinge, natuurrite en ongelooflike voëllewe wat die omgewing bied. Stop gerus by die inligtingsentrum in Wildernis om brosjures op te tel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Astral Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 R500 per nag (vir 2 mense)

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 18 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za