Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

At De Oude Herberg Country Lodge Kenhardt

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonopstraat 1280, Kenhardt, 8900, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

At De Oude Herberg Country Lodge Kenhardt is 'n ruim Kaap-Hollandse huis op die randjie van die dorp Kenhardt. Die huis bied uitsigte oor die tuin, die dorp, en die omliggende gebied. Die huis is in die vroeë 1940's as 'n skoolkoshuis opgerig.

Akkommodasie word in 19 kamers gebied. Die kamers sluit en suite-dubbelkamers met privaat ingange, en suite-gesinskamers, en suite-kamers met 2 enkelbeddens en privaat ingange, en sakpaskamers in. Alle kamers is toegerus met lugversorging, 'n TV met DStv, en 'n lessenaar. Gaste geniet toegang tot die braaigeriewe, 'n wasgoeddiens, 'n vermaakkamer (met 'n pooltafel, veerpyltjiebord, skaak en platskerm-TV), 'n selfsorgkombuis en 'n eetkamer. Parkeerplek op die perseel word voorsien en ontbyt is op versoek beskikbaar. Ablusiegeriewe is beskikbaar vir kampeerders en karavane en daar is ook 'n landingsplek vir helikopters. Gaste geniet toegang tot die ruim tuine en die veranda, albei ideaal vir voëlkyk.

At De Oude Herberg Country Lodge Kenhardt is op 1,5 ha geleë, ver weg van enige verkeergeraas. Die klein dorpie Kenhardt is 120 km vanaf Upington, die grootste dorp in die streek. Besoek die Kokerboomwoud, ongeveer 8 km suid van Kenhardt op die hoofroete na Kaapstad. Party van hierdie bome het spesiaal gevormde en geweefde voëlnessies in. Die Kokerboomwoud kan net besoek word as jy 'n afspraak het en kan net met 'n 4x4-voertuig bereik word. Ander besienswaardighede in die omgewing sluit in die Reuse Kameeldoringboom wat tussen 500 en 600 jaar oud is, en Verneukpan waar Sir Malcolm Campbell in 1929 probeer het om in Bluebird 1 die landspoedrekord te breek.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 32 resensies vir At De Oude Herberg Country Lodge Kenhardt
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Sonopstraat 1280, Kenhardt, 8900, Noord-Kaap
  • Gaste dink At De Oude Herberg Country Lodge Kenhardt het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R650
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonopstraat 1280, Kenhardt, 8900, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGY2NDllMTcxLTE4ZmYtNDFiOS1hOWQ5LTcyZTBiZThkNjQyYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R650 per nag (plek vir 2) 32 5 1 5 1280 Sonop str Kenhardt 8900 Noord-Kaap 021 201 8901 12:00-20:00 10:00 -29.347550773222 21.159273684025