LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by At Home | LekkeSlaap
+12

At Home

27 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woltemadestraat 26, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

At Home is in Die Boord, 'n buurt in Stellenbosch, geleë en bied die ideale verblyf vir sakereisigers of vakansiegangers. Die eenheid is naby verskeie winkels, MediClinic, restaurante en ander geriewe.

Die verblyf bestaan uit 'n ruim slaapkamer en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Handdoeke word voorsien. Die kamer het lugversorging, 'n TV met DSTV-kanale en 2 enkelbeddens wat op versoek saamgeskuif kan word om as koninggrootte-bed te dien. Daar is 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond, eenplaatinduksiestoof, braaipan, koffie- en teemaakgeriewe, 'n broodrooster, breekware en eetgerei, 'n strykplank en strykyster.

'n Ekstra kampbed kan op versoek bygevoeg word vir 'n derde persoon indien dit vooraf gereël word.

Daar is veilige parkeerplek agter 'n toegangbeheerde hek en gaste kan naby hul eenheid parkeer. Daar is stoele op die balkon wat uitkyk op die Stellenboschberge. Gaste kan ook gebruik maak van die braaigeriewe en gemeenskaplike swembad.

Geniet die historiese Stellenbosch en al die oulike plekkies wat dit bied. Doendinge in die omgewing sluit bergfietsry, voetslaan, wynproe en vele meer in.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 27 resensies vir At Home
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Woltemadestraat 26, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Gaste dink At Home het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woltemadestraat 26, Die Boord, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI5M2YyZTA1LWZmNTgtNGZjNS1iZDkzLWQxYzJhNDA2MDE1NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (vir 2 persone) 27 5 1 5 26 Woltemade Street Die Boord 7600 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.9520865 18.8540275
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!