Kommetjie Akkommodasie by At Kommetjie Way | LekkeSlaap
+26

At Kommetjie Way

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wirelessweg 85, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

At Kommetjie Way is 'n selfsorg-vakansiehuis met 'n paadjie wat lei na die bekende Longbeach in Kommetjie. Dié kusvoorstad van Kaapstad is halfpad op die Weskus van die Kaapse Skiereiland en spog met bekende toeriste aantreklikhede soos die Imhoff plaas, Slangkop vuurtoring en Longbeach met die uitstekende geleentheid om kreef te vang.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 4 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer het ook 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n privaat dek. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n privaat dek. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en dubbeldeure wat toegang bied tot die swembaddek. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, tuimeldroër en wasmasjien. Die eetarea het 'n eetkamertafel met sitplek vir 10 mense en die sitkamer het 'n gemaklike bank met 'n platskerm-TV, volledige DStv en 'n DVD-speler.

Die leefarea bied toegang tot die dek, het 'n sonkragverhitte swembad met 'n veiligheidsnet en 'n inheemse tuin. Daar is parkeerplek beskikbaar op die perseel vir 2 motors en die huis is veilig en het 'n alarmstelsel.

Slaapplek

’n Bespreking by At Kommetjie Way sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Wirelessweg 85, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf R3 900
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wirelessweg 85, Kommetjie, Kaapstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAKBdGNFkllDkf3q62zBLZVcbgf7AdVPU8Xz1xIIAHnL71sIf9qq?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 900  per nag (plek vir 6) 85 Wireless Road Kommetjie 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.13092 18.3373199
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za