Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

At Rest

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Chalet No. 3, Pirates Creek, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 872 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

At Rest is 'n bekoorlike houthut met selfsorgfasiliteite by Pirates Creek, naby 'n strand in die Wildernis Nasionale Park, in die hartjie van die Tuinroete. Dit is 'n gewilde vakansie- en wegbreekbestemming vir die hele gesin. At Rest is aan die oewer van die Touwrivier, het sy eie privaat parkeerplek by die ingang en bied asemrowende uitsigte op die berg. Die hut het 3 slaapkamers en is volledig toegerus vir gerieflike, vreedsame verblyf. Beddegoed en handdoeke word in al die kamers voorsien. Hierdie verblyf is die beste geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders.

Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer en is toegerus met 'n koningingrootte-bed. Dit het 'n aparte aantrek-kamer / studeer-area en 'n en suite-badkamer met 'n bad-oor-stort, toilet en wasbak. Jy kan lekker op die bed lê en jouself verkyk aan die uitsig oor die rivier en die berge. Hierdie kamer lei na 'n houtdek vanwaar jy die Wildernis Nasionale Park se welige plantegroei kan waardeer.

Die tweede slaapkamer op die boonste vloer het 2 gerieflike enkelbeddens en die derde slaapkamer is op die onderste vloer en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met eetgerei en breekware vir 6 persone, kookgerei, 'n yskas, mikrogolf, ketel, broodrooster en oond/stoof. Die kombuis, leef- en eet-area is op die grondvloer en is oopplan. Hierdie area is gemeubileer met 'n eetkamertafel met 6 stoele, 2 gerieflike dubbelrusbanke van leer en 2 addisionele stoele.

DStv (Premium-pakket) is ingesluit. Hierdie pakket bied toegang tot TV- en radiokanale so dit is nie nodig om jou eie slimkaart saam te bring nie. Die leefarea lei ook na 'n houtdek met 6 tuinstoele en 'n tafel. Ontspan lekker en geniet die rustigheid van die Touwrivier, al die interessante voëls en die luisterryke uitsig op die berg. Geniet die pragtige sonsondergange met 'n skemerkelkie in die hand op jou eie privaat dek hoog bo die water.

Gratis, onbeperkte WiFi word voorsien en daar is ononderbroke kragtoevoer tydens beurtkrag.

Daar is 'n braaiplek tussen die hut en die rivier en baie gras waarop die kinders kan speel. Die addisionele parkeerplek langs die hut word gedeel met dagbesoekers.

Die eienaars se tweesitplek-kajak is tot gaste se beskikking (dit is gratis).

At Rest is 'n lid van Guest House Accommodation South Africa.

Let asb. op die minimumverblyftydperk van 2 tot 7 nagte, afhangende van die tyd van die jaar. 'n Maksimum 6 gaste kan hier oorbly. Kampeer is verbode. Rook asb. buite die huis. Jou troeteldiere moet ongelukkig maar by die huis bly. Bring asb. jou eie swemhanddoeke saam.

Slaapplek

’n Bespreking by At Rest sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 36 resensies vir At Rest
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hendrik Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 36

Jaar gelys 12

Ligging

  • Chalet No. 3, Pirates Creek, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink At Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 872
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R1 872
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Chalet No. 3, Pirates Creek, Wildernis, 6560, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJjNTc4ZmRiLTM3M2YtNDhjMi05YzUzLTcyYmFiNDQyZGU3MA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 872 per nag (plek vir 6) 36 5 1 5 Chalet No. 3 Pirates Creek 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -33.995990325348 22.597026228905
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem