Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

At Whale-Phin Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Grysbok Laan, , Distr Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
  • Vanaf R1 220 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

At Whale-Phin Guest House is 14 km buite die dorp geleë, weg van al die gewoel en gewerskaf, in die veilige en rustige voorstad Reebok. Geniet die onverstoorde uitsig oor die Indiese Oseaan en die Fynbos-natuurreservaat wat aan Whale Phin grens. Vanaf jou kamer, balkon of die sondek kan jy tydens die seisoen walvisse dophou en oorgenoeg tuinvoëls dwarsdeur die jaar. Whale Phin is 5 minute se stap van ons skoon en veilige strand af.

At Whale Phin Guest House is op 3 vlakke gebou, met die eienaars wat die boonste vlak bewoon. Die middelste vlak bestaan uit 3 en suite-slaapkamers, eetkamer en balkon. Daar is 2 kamers met 'n pragtige uitsig op die oseaan wat op die balkon uitloop. Alle kamers is volledig toegerus en het TV's, tee- en koffiegeriewe en 'n kroegie. Die 2 kamers op die grondvlak, met tuin-ingange, is selfsorg-eenhede, wat ook as bed- en ontbyt-eenhede gebruik kan word. Albei kyk op die oseaan uit en het direkte toegang tot die sondek.

At Whale Phin Guest House bied jou draadlose internet, e-pos en faks- en kredietkaartgeriewe. Ons is naby 2 goeie restaurante, 1 met tradisionele Afrikaner-cuisine en die ander by uitstek geskik vir stylvolle uiteet. 'n Pendeldiens is beskikbaar na sommige van die restaurante in die dorp.

Ons is 14 km van Mosselbaai se middedorp geleë, 25 km van George se lughawe, 95 km van Knysna en 82 km van Oudtshoorn. Dit maak Whale Phin die ideale basis waarvandaan die Tuinroete ontdek kan word.

Net 10 km van Whale Phin af kan jy 'n safari op 'n privaat wildreservaat geniet. Ontmoet die groot wit haaie in hul eie omgewing vanuit 'n haaiduikhok. In die walvisseisoen, van Julie tot November, kan jy die walvisboot neem en tot so naby as 50 km aan die vriendelike oseaanreuse kom of net om Seal Island met sy meer as 2 000 robbe vaar. Mosselbaai is ook bekend vir sy watersport en sy skoon en veilige strande. Geniet ook perdry, staptogte, rekspronge en 4X4- en vierwielmotorfietsritte. As jy uitgeput is van al hierdie dinge, kan jy die dag af neem en op die strand rus en sommer net leeglê.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af
  • Parkering Op Die Straat

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 36 resensies vir At Whale-Phin Guest House
Netheid
4.7/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • 8 Grysbok Laan, , Distr Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
  • Gaste dink At Whale-Phin Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 220
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 220
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 8 Grysbok Laan, , Distr Mosselbaai, 6503, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 18
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA28d492f5173c4fc0e485fbe584bdf19cd5272e0b12b21c30af1efa356dbf289f4b1350fa3eb89ce0bdc0418489bb47089c1d?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 220 per nag, vir 2 mense 36 5 1 5 8 Grysbok Avenue Reebok 6503 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.081863939806 22.157342433929