Ateljee

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ateljee is 'n splinternuwe drieslaapkamerwoonstel met selfsorggeriewe en slaapplek vir 6 persone. Die rustige atmosfeer wat hier heers is net so sjiek soos die stad waarin die woonstel staan. Ateljee is in Oranjezicht, net 'n paar minute van die SSG af en strande soos Kampsbaai en Clifton is maklik bereikbaar. Hierdie toesluit-en-ry-woonstel is ideaal vir vakansiegangers en sakelui.

Die eenheid is op die boonste vloer, word bereik deur middel van 'n hysbak en het luisterryke uitsigte oor die stadskern, Leeukop, Tafelberg en die hawe.

Ateljee het 3 slaapkamers: die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n tweede slaapkamer met dubbelbed en 'n derde slaapkamer met 2 enkelbeddens. Al die beddens is oorgetrek met Egiptiese katoenlinne en die hoofslaapkamer het 'n en suite-stort. Die tweede en derde slaapkamers deel 'n volledige badkamer met stort en bad. Die eenheid is toegerus met elegante meubels en versier met plaaslike en internasionale skilderkuns en gesogte objects d'art.

Die kombuis is volledig toegerus met tegnologies gevorderde toebehore wat 'n wasmasjien/tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser insluit. Die leefarea het 'n sirkelklankstelsel met 'n HD-TV met DStv en 'n skuifdeur wat uitloop op 'n balkon waarop gaste kan ontspan en hulself verlustig in die luisterryke uitsigte oor Kaapstad. Die hoofslaapkamer het ook 'n HD-TV met DStv.

Addisionele geriewe sluit lugversorging, WiFi, 'n alarmstelsel, gewapende reaksie en parkeerplek in 'n motorhuis in.

Hierdie woonstel se naam is die Afrikaanse vertaling vir die woord "Atelier" en getuig van die eienaars se passie vir kuns en ontwerp. Die woonstel dien as 'n vertoonlokaal vir Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars.

Slaapplek

'n Bespreking by Ateljee sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ateljee gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 645 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za