ATKV Eiland Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

ATKV Eiland Spa bied gemaklike selfsorg-akkommodasie in die hartjie van die Hans Merensky Natuurreservaat aan die suidelike oewer van die Letabarivier, net 68 km oos van Tzaneen in Limpopo.

Ons bied 'n verskeidenheid akkommodasie met 'n klassieke bosveldligging. Al die eenhede is toegerus vir selfsorg en kan tussen 2 en 6 gaste akkommodeer. Die eenhede het lugversorging en bestaan uit 'n badkamer, 'n kombuis-area wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf en 'n oond en stoof en 'n braai-area buite. Daar is ook 'n TV met DStv. Linne en badhanddoeke word voorsien en word elke vierde dag omgeruil.

ATKV Eiland Spa bied die ideale bestemming vir 'n gesin met sy diverse natuurtonele, vermaakgeriewe en aktiwiteite, 'n restaurant en 'n hidro-spa. Aktiwiteite en geriewe by die oord sluit 'n swembad, 'n gimnasium, mini-gholf, roetes vir stap of fietsry, visvang, perdry, tennis, rolbal en vlugbal in. Die rus en vrede en vreedsame stilte van die bosveld-omgewing skep die ideale atmosfeer vir sakebeplanning of spanbousessies.

Besienswaardighede in die omliggende omgewing, en 'n bietjie verder, sluit die Hans Merensky Natuurreservaat, Tsonga Kraal Museum, Riverside Wildrehabilitasiesentrum, Agatha Krokodilplaas, Wegraakbosch Organiese Melkery, The Big Boabab en die Krugerwildtuin in.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na ATKV Eiland Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R935 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za