Atlantic Beach 4 Bedroom Family Holiday House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Atlantic Beach 4 Bedroom Family Holiday House is op die Atlantic Beach Gholflandgoed in Melkbosstrand geleë. Dié veilige Gholflandgoed het 'n 18 putjie-gholfbaan in 'n links-styl, 'n fiksheidsentrum met 'n gimnasium, tennisbane, 'n swembad, kinderspeelarea, oefenbof, restaurant en kroeg.

Hierdie dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste in 4 slaapkamers (waarvan 2 hoofslaapkamers met suites is), 3 badkamers, 'n gastetoilet, 'n leeshoek en studeerarea bo, 2 TV-sitkamers onder en 'n oopplan-kombuis en -eetarea.

Daar is 3 slaapkamers op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel 'n volledige gesinsbadkamer. Die vierde slaapkamer is op die onderste verdieping en het 'n dubbelbed en en suite-badkamer.

Die 2 sitkamers het elk 'n TV met aparte DStv-dekodeerders. Hoëspoed-WiFi. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met al die nodige toebehore, 'n gasstoof met 5 plate, 'n Nespresso-koffiemasjien en 'n spens. Daar is 'n eetkamertafel met sitplek vir 8 mense in die eetkamer.

Buite is daar 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braaiplek en Weberbraaigeriewe wat teen die wind beskut is. Die stoep lei na 'n groot tuin en dek met 'n sonverhitte swembad wat met 'n veiligheidsnet bedek is. Daaglikse skoonmaakdienste en 'n weeklikse tuindiens is by die tarief ingesluit.

Slaapplek

'n Bespreking by Atlantic Beach 4 Bedroom Family Holiday House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Atlantic Beach 4 Bedroom Family Holiday House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za