LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Atlantic Haven | LekkeSlaap
+25

Atlantic Haven

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Atlantic Terraces 34, Coral-weg, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Atlantic Haven se sitkamer en hoofslaapkamer spog met vensters van die vloer tot die plafon. Hier sal jy die see, Tafelberg, Robbeneinland, vlieërbranderryers en skepe sien, 'n asemrowende prentjie wat jou sal aanmoedig om te bly kyk. Nie net sal die uitsig jou bekoor nie, jy is ook net 'n blok weg van die strand af, en jy kan met die geluid van die brekende branders in die stille nag aan die slaap raak.

Ons is op die agste vloer van 'n netjiese, moderne en veilige woonstelkompleks geleë, en bied jou die ideale verblyf vir 'n vakansie of besigheidsbesoek. Ons is lekker naby winkelsentrums, restaurante en kroeë (sommige is net 'n paar minute se stap hiervandaan, en ander is 'n paar minute se ry ver), maar nog steeds weg van die raserige naglewe vir 'n stil en rustige verblyf.

Daar is twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet en stort. Die tweede kamer het twee enkelbeddens. Beide slaapkamers het klerekaste en matte. Daar is 'n aparte tweede badkamer en toilet.

Die ruim, oopplan-kombuis is modern met baie rakspasie en werkstoonbanke van graniet. Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond en stoof, yskas-vrieskas, wasmasjien, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en alles wat jy nodig het om lekker in die kombuis te woel.

Die sitkamer met 'n see-tema en die kombuis word met 'n ontbytkroeg met vier kroegstoele geskei. Daar is twee gemaklike banke, 'n platskerm-TV met volledige DStv, en 'n DVD-speler met 'n goeie klankstelsel.

Die prentjie word vervolmaak sodra jy uitstap deur die groot glasdeure en op die stoep staan en staar oor die panoramiese uitsigte van die Atlantiese Oseaan. Verbeel jou jy sit hier en kyk uit oor die asemrowende sonsondergang van die Weskus met 'n skemerkelkie in die hand langs 'n braaivleisvuurtjie.

Daar is uitgehaal en gewys toe die meubels en afwerkings by Atlantic Haven gekies is. Alle linne is 100% wit perkallinne, en die beddegoed is lig en donsig. Ons voorsien ook kwaliteit handdoeke.

Die eienaar van Atlantic Haven was eens ook die eienaar van 'n 4-ster-B&B, gaste kan dus reken op 'n hartlike verwelkoming en 'n gasvryheidspakket met tee, koffie ens. Gaste kan dus die atmosfeer behoorlik geniet voor die winkels ingevaar word.

Blouberg is bekend as 'n mekka vir vlieërbranderryers. Ons is net 20 min van sentrale Kaapstad en die naaste wynroete in Durbanville af. Ons is die ideale wegbreekplek om van die gejaag van die alledaagse lewe te ontsnap.

Slaapplek

’n Bespreking by Atlantic Haven sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 21 resensies vir Atlantic Haven
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Atlantic Terraces 34, Coral-weg, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Atlantic Haven het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 100
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Atlantic Terraces 34, Coral-weg, Bloubergstrand, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAsMNop4o977SMOLB2At8o2aqknKfBr5FlpjmK23U8TY9QmBXgUi?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 100  per nag (plek vir 4) 21 5 1 5 34 Atlantic Terraces Coral Road 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -33.816214509574 18.474795520306
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!