Atlantic Palms Apartments

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 35 % af

Kry 35% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Atlantic Palms Apartments is in die eksklusiewe buurt Sunset Beach reg langs een van die mees afgesonderde strande in die omtrek. Die eenhede se balkonne bied pragtige uitsigte oor die Atlantiese Oseaan, Tafelberg en Robbeneiland.

Ons bied gerieflike selfsorgverblyf in 5 smaakvolle en suite-kamers. Elke eenheid het 'n selfsorgkombuis, 'n Nespresso-masjien, WiFi en 'n Slim-TV met sekere DStv-kanale. Die woonstelle het ook elkeen 'n wasmasjien en droograk vir klere en is ideaal vir sakereisigers óf vakansiegangers.

Die mooi tuin en terras met palmbome en 'n swembad is 'n heerlike plek om in die son te baai. Die omgewing bied ook vele ander doendinge soos gholf, seil, seilplankry, vlieërbranderry, bergklim, voetslaan en perdry. Atlantic Palms is veral 'n gewilde blyplek onder seil- en vlieërbranderryers.

Die woonstelle is net 30 minute se ry vanaf Kaapstad se middestad en V&A Waterfront, en die ligging bied gerieflike toegang tot die MyCiTi-busroete, modewinkels, bistro's, restaurante, vermaak en kuierplekke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Atlantic Palms Apartments gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 R2 925 per nag (plek vir 2)

Kry 35% af. Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za