Atlantic Sun

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Beskrywing

Atlantic Sun is 'n selfsorgwoonstel in Bloubergstrand. Dié voorstad spog met 'n pragtige uitsig op Tafelberg en is ideaal vir diegene wat Kaapstad en die omgewing besoek. Die strand is uitstekend vir watersportsoorte soos seilplank- en vlieërbranderry, en ander doendinge daar naby sluit vierwielmotorfiets, voetslaan, inkopies en uiteet in.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed.

Die kombuis het 'n wasmasjien, tuimeldroër, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n ontbyttoonbank met stoele. Die eetarea het sitplek vir 6 en die sitkamer het 'n groot L-vormige rusbank en 'n TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n lieflike balkon met 'n tafel en bankies vir 6. Van hier af kan gaste die pragtige uitsig op Tafelberg en die Atlantiese Oseaan geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by Atlantic Sun sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Atlantic Sun gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 199 R1 979 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 5 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za