Atlantic Sunset

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Atlantic Sunset bied ongelooflike uitsigte van Tafelberg en Robbeneiland. Verblyf is beskikbaar in 'n drieslaapkamer-eenheid in 'n sekuriteitskompleks in Big Bay, Kaapstad. Die kompleks is net 5 minute se stap vanaf Big Bay Strand met sy rotspoele en lang strande en is baie gewild onder swemmers en branderplankryers. Dit is stapafstand van die Eden on the Bay en Seaside Village winkelsentrums af.

Atlantic Sunset beskik oor 3 verdiepings. Die dubbelmotorhuis is op die grondverdieping. Op die eerste verdieping is daar 'n oopplan-leefarea en -kombuis, asook 'n gaste-toilet. Op die tweede verdieping is daar 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-stort en bied uitsigte oor Robbeneiland, Tafelberg en die Atlantiese Oseaan. Daar is ook 'n tweede badkamer met 'n bad en 'n aparte stort.

Die sitkamer beskik oor 'n platskerm-TV met DStv Premium. In die kombuis is daar 'n mikrogolfoond, oond, broodrooster, ketel, wasmasjien en tuimeldroër, yskas-vrieskas en oorgenoeg eetgerei en breekware.

Die groot balkon het 2 sonstoele, 'n tafel en 6 stoele, 'n gasbraai en 'n sonsambreel.

Die sekuriteitskompleks is omhein en het 24 uur-sekuriteit. Daar is 'n klimraam vir die kinders binne-in die kompleks. Strandhanddoeke, kampstoele, 'n strandskerm (in plaas van 'n sonsambreel) en 'n koelhouer en vriesblokke is beskikbaar vir gaste om te gebruik.

Slaapplek

'n Bespreking by Atlantic Sunset sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Atlantic Sunset gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 690 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za