Atlantic Sunsets

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Atlantic Sunsets bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n tweeslaapkamerwoonstel op die eerste vloer. Dis net 'n klipgooi van die prentjiemooi Port Owen Marina af.

Dié woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer bevat 'n dubbelbed, 'n spieëltafel, oorgenoeg pakplek in die kaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die hoofslaapkamer het 'n glasdeur wat toegang bied tot die balkon met uitsigte oor die marina. Die tweede slaapkamers het 2 enkelbeddens, oorgenoeg pakplek in die kaste en dit geniet toegang tot 'n gesinsbadkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-sitkamer, -kombuis en -eetkamer bied ook toegang tot 'n balkon met uitsigte oor die Port Owen Marina. Die sitkamer- en eetkamerarea beskik oor 'n TV met Premium DStv en 'n eetkamertafel met sitplek vir 6 mense. Die kombuis is toegerus met 'n wasmasjien, 'n yskas-vrieskas, 'n vierplaatstoof met 'n oond, 'n ketel, 'n mikrogolfoond, 'n snackwich-masjien, potte en panne, oondkastrolle, eetgerei en breekware.

Die balkon buite het ingeboude braaigeriewe en buitestoele. 'n Rooster en braaitang word voorsien. Gaste geniet toegang tot 'n aangewese parkeerplek naby die hoof-ingang en 'n toesluitmotorhuis.

Slaapplek

'n Bespreking by Atlantic Sunsets sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Atlantic Sunsets gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 150 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za