Aha Auberge Hollandaise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die 'Auberge Hollandaise' is ideaal in die kus-gedeelte van Durban-Noord geleë, en is 'n luukse 5-ster gastehuis wat op die veeleisende besigheidsmense en internasionale vakansiegangers gemik is. Oorvloedige gemak is standaard met warm houtvloere, weelderige dekor, en fynsinnige aandag aan die kleinste detail. Ruimte is maksimaal in beide die luukse eenhede asook die algemene areas.

Die 'Auberge Hollansaise' gastehuis is 'n vreedsame ontsnappingsoord van die ondraaglike gewoel - tog net 10 minute weg van die sake-distrikte en vermaaklikheids-mekkas van Durban en Umhlanga Rand.
Die nuwe King Shaka Internasionale Lughawe is minder as 'n half uur weg. Durban se warm klimaat, met amper konstante sonskyn en die beroemde goue strande maak dit 'n gewilde vakansiebestemming. Die verleidende aantreklikehede van die uShaka Marine World, Moses Mabhida Stadion, die Gateway teater van inkopies en plaaslike kuns en sport is almal maklik vanaf die gastehuis bereikbaar.

'n Stylvolle en hedendaagse 5-ster bestuurslokaal met alle noodsaaklike 'mod-cons' is vir strategiese sessies, dink-skrum-sessies en besigheids-indaba's vir 20 afgevaardigdes beskikbaar. Na 'n lang dag se werk of speel, is die kroeg langs die swembad 'n plek om te kuier en om jou sukses te vier.


Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Aha Auberge Hollandaise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 560 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za