Feel @ Home

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Beskrywing

Feel @ Home is 5 minute se ry van Stellenbosch se middedorp, plaaslike restaurante, skole en gewilde wynlandgoedere af. Daar is 3 gerieflike en ruim en suite-kamers in 'n privaat huis in 'n stil buurt. Let asb. op dat Feel @ Home nie gastehuis- of B&B-geriewe bied nie.

Kamer 1 het 'n dubbelbed, 'n volledige en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is 'n werkstasie met breekware, eetgerei, 'n ketel, mikrogolfoond en broodrooster. Daar is ook 'n klein tafel en 2 stoele in die kamer en 'n patio buite. Die kamer het nie braaigeriewe nie.

Kamer 2 is ruim en het 'n koningingrootte-bed, 'n kombuisie met 'n klein tafel en 2 stoele, 'n mikrogolfoond, elektriese braaipan, broodrooster, ketel, basiese breekware en eetgerei, 'n strykplank en strykyster. Die buitedeur bied toegang tot 'n klein tuin met 'n losstaande braai. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. 'n Enkelbed kan op versoek voorsien word.

Kamer 3 is ruim en oopplan met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n ekstra gas. Dit het 'n klein kombuisie met basiese eetgerei en breekware, 'n ketel, broodrooster, braaipan, mikrogolfoond en yskassie. Die privaat badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die agterdeur bied toegang tot 'n patio met 'n losstaande braai en 'n klein tuin.

Daar is geriewe soos DStv, 'n waaier, elektriese kombers in al die kamers. Elke kamer het 'n privaat ingang en privaat geriewe.

Linne, handdoeke en 'n skoonmaakdiens word een keer 'n week voorsien. Gaste kan ekstra skoonmaakdienste, handdoeke en skoon linne teen R100 kry. Stel ons asb. 24 uur voor die tyd in kennis.

Veilige parkeerplek vir 1 voertuig per kamer is op die perseel beskikbaar. Die eienaar se privaat swembad is op versoek in die somer beskikbaar. Gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring en nie kamer s'n by die swembad gebruik nie. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en rook is verbode in die huis.

Gaste kan die studentedorp met sy talle restaurante, kunsgalerye, teaters, museums van hiér af verken, die wynplase in die area besoek of in die buurt, dorp en langs die Eersterivier wandel. Daar is 'n ryk voëllewe in die buurt. Daar is ook verskeie voetslaanroetes en avontuur-uitstappies in en om die dorp.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Feel @ Home gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 R455 per nag (plek vir 2)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2019 tot 31 Aug 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za