Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Autumn Lane

  • Kapasiteit: 23 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Autumn Lane is selfsorgverblyf op 'n werkende wynplaas in die Paarl. Dié puik verblyf is ideaal vir sakereisigers en toeriste wat die wynplase in die omgewing wil besoek.

Daar is 4 eenhede wat Autumn Lane Soleil Suite, Minié Farm Manor House, Le Héritage Porto Blanc, en Le Héritage Porto Rouge insluit.

Autumn Lane Soleil Suite het slaapplek vir 2 tot 5 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n driekwart-stapelbed, en die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Ander geriewe sluit WiFi, 'n eetarea, volledig toegeruste kombuis, binnebraai en 2 TV's in wat onderskeidelik die volle DStv-pakket en Netflix het, en tee- en koffiemaakgeriewe met melk en beskuit. Daar is ook 'n privaat ingang en privaat parkeerplek, sowel as 'n vuurput en privaat plonspoel. Gaste moet hul eie braaihout of brikette saambring.

Minié Farm Manor House het slaapplek vir 6 gaste in 2 slaapkamers. Altwee slaapkamers het koningingrootte-beddens en die een kamer het ook twee ekstra enkelbeddens. Daar is 'n bad, stort, wasbak en toilet in die een badkamer en die ander badkamer het ‘n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n aparte gastebadkamer met 'n toilet en wasbak. Die oopplan-leefarea het 'n kombuis met alles wat jy benodig vir selfsorg, 'n sitarea met gemaklike sitplek, 'n pooltafel, 'n TV met DStv, 'n kaggel, binnebraai en twee buitebraais. Gaste moet hul eie hout of brikette saambring. Daar is slaapplek vir 7 ekstra gaste teen 'n ekstra koste.

Le Héritage Porto Blanc bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met 'n ketel, mikrogolf, yskas-vrieskas, stoof, lugbraaier en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in. Daar is ook ‘n swembad en ingeboude braai vir gaste om te geniet.

Le Héritage Porto Rouge bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisie is met 'n ketel, mikrogolf, yskas-vrieskas, stoof, lugbraaier en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Ander geriewe sluit lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi in. Daar is ook swembad en ingeboude braai vir gaste om te geniet.

Daar is heelwat aktiwiteite in die omgewing en gaste is welkom om af te koel in die swembad of dam op die plaas. Pak gerus ook 'n piekniekmandjie en soek 'n lekker uitspanplekkie langs die dam.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 98 resensies vir Autumn Lane
Netheid
4.7/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.5/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Lois-Mari Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 98

Jaar gelys 7

Ligging

  • Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Autumn Lane het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sonstraalstraat, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDcwYjExYTA5LTJjZjUtNDZhYy1iOWUwLTc1MmMxZjFlNDA3Zg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 98 5 1 5 Sonstraal Road Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.726597244609 19.021826684475
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem