A Pinot Noir Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

A Pinot Noir Cottage is op die Sir Robert Stanford-wynlandgoed geleë, ongeveer 1,4 km van die bekoorlike dorpie Stanford af. Die sjarmante en natuurlike omgewing bied vir mak ganse 'n heerlike tuiste, asook vir die groot koi-visse in die dam, en die padda-orkes in die aande.

Dié elegante tweeslaapkamerkothuis bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed met perkallinne en 'n luukse en suite-badkamer met 'n losstaande bad en stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat as 'n koninggrootte-bed opgemaak kan word, asook 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die kothuis het ook 'n oopplan-plaasstylkombuis, -stikamer en -eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en mikrogolfoond. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitkamer bied ook gemaklike sitplek. Die leefarea lei na 'n veranda wat op die berge en damme uitkyk. Verder is daar 'n prentjiemooi braai-area onder pragtige eikebome met 'n lieflike erf wat na die dam lei.

Plaasgeriewe sluit 'n plaastylrestaurant in wat ontbyt en middagetes bedien, 'n kleinskaalse wynproekamer, grappas-stokery en -proekamer, 'n kinderspeelarea, en daar is bergfiets- en staproetes in en om die plaas.

Slaapplek

'n Bespreking by A Pinot Noir Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Wynkelder

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na A Pinot Noir Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false