Avenue Torquay

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Avenue Torquay bied eksklusiewe en stylvolle B&B- en selfsorgverblyf in die lowerryke, luukse Bo-Claremont in Kaapstad. Avenue Torquay is die ideale bestemming - of jy nou op soek is na 'n luukse vakansieplek of net na 'n gemaklike bed vir 'n sakereis.

Dié pragtige huis bestaan uit 'n baie gerieflike selfsorgwoonstel en verskeie pragtige B&B-eenhede met aparte ingange wat privaatheid bied.

Die B&B-kamers het elk 'n en suite-badkamer en is gerieflik en goed ingerig. Daar is WiFi in die kamer wat heeldag internettoegang bied en satelliet-TV's. Daar is selfs toebehore soos haardroërs en radiowekkers wat jou verblyf nog geriefliker maak.

Avenue Torquay se oopplan-selfsorgwoonstel het 'n sonnige sitkamer, eetarea en 'n dek met skouspelagtige berguitsigte. Die kombuis is ook goed toegerus. Die slaapkamer het 'n luukse koninggrootte-bed en daar is 2 dubbelslaapbanke met slaapplek vir nog 4 gaste. Die woonstel het ook ondervloerse verhitting en lugversorging.

Alle gaste kan die pragtige swembad, sitkamer en eetarea buite benut. Die perseel se rustige tuin spog met pragtige uitsigte op Tafelberg.

Veilige parkeerplek is beskikbaar en al die kamers het privaat ingang wat privaatheid bied. 'n Wasgoeddiens kan op versoek gereël word.

Die perseel is op 'n pypsteelerf versteek wat afsondering en veiligheid bied. Dit is 'n ongelooflike bestemming vir 'n intieme troue.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Avenue Torquay gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 600 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za