LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Avoca Private Bush Camp | LekkeSlaap
+32

Avoca Private Bush Camp

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Avoca Erf 3, Timbavati Reservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 12
  • Vanaf R17 050 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Avoca Private Bush Camp is ’n safari-oord vir vriende en familie in die Timbavati Natuurreservaat. Die reservaat is by die Krugerwildtuin, maar is op privaat eiendom wat ’n eksklusiewe safari-ervaring bied. Dié privaat wegbreekplek het nie elektrisiteti nie en gas en sonkrag word gebruik. Die verblyf is eko-vriendelik en idillies, en bied die ideale plek om te ontspan en een te word met die natuur. Avoca is 'n gereformeerde jagkamp wat nou fotografiese safari's bied.

Die kamp bied slaapplek aan 8 gaste wat 'n intieme wegbreek verseker. Verblyf word in gerieflike, eenvoudige kamers in klein houthuisies tussen hoë bome gebied. Dis naby die hoof lodge-area, swembad en boma.

Elke houthuisie het 2 enkelbeddens of ’n dubbelbed, en ’n badkamer. Die huisies het groen geteëlde dakke, ou plaasstyl-vensters en ’n houtdek waar gaste heerlik kan ontspan.

Die kamp is tussen bome gebou wat die tuiste van verskeie voëlspesies is. Die opset bied privaatheid tot 'n mate, maar die verblyf is ontwerp om ’n intieme groep-ervaring te bied.

Die hoofkamp-area het 'n grasdak en daar is 'n kroeg en sitarea. Dié gemeenskaplike area het ’n wonderlike safari-gevoel. Daar is ’n plonspoel en boma. Die kamp is omhein wat veiligheid verseker.

Die klein kombuis het ’n gasyskas, stoof en oond. Alle eetgerei, breekware en kookware word voorsien, maar elektriese toestelle soos ’n broodrooster en mikrogolf is nie beskikbaar nie. Daar is ’n sitarea binne met teëls wat lekker koel is in die somer, maar daar is ’n kaggel, so dis ideaal vir die winter ook. Die klassieke kroeg maak oop op 'n houtdek met meubels en ’n etenstafel.

Die Timbavati Natuurreservaat is bekend vir wonderlike wildkyk-ervarings en dis ook die tuiste van die enigste wilde witleeus op aarde. Die dorp Hoedspruit is sowat ’n uur se ry weg en het ’n vulstasie en verskeie buitelug-doendinge.

Slaapplek

’n Bespreking by Avoca Private Bush Camp sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte Ingesluit
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Ligging

  • Plaas Avoca Erf 3, Timbavati Reservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R17 050
per nag (plek vir 8)
Vanaf R17 050
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Avoca Erf 3, Timbavati Reservaat, Hoedspruit, 1380, Mpumalanga
  • Geen kinders onder 12
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAYjfNXkU0xiQ4UTKy4DJoOSCsdGAeHYvpwIiscRGyhW0MA7tigA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R17 050  per nag (plek vir 8) Farm Avoca Portion 3 Timbavati Reserve 1380 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -24.443225647476 31.24155522209
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!