Azalea Bed and Breakfast

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Azalea B&B bied 3-ster-verblyf in 'n lieflike tuin. Ons is trots op die gerieflikheid van ons eenhede en die hartlike gasvryheid van ons personeel. Die B&B is in Howick geleë ? die ideale stilhouplek tussen Johannesburg, Durban en die Wildekus. Maak jouself tuis in 'n gerieflike kamer wat beskik oor of 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens.

Daar is 3 kamers om uit te kies: Die Tuin Kamer, die Azalea Kamer en die Palm Kamer. Alle kamers is ingerig met of 1 koninggrootte-bed, 1 dubbelbed of 2 enkelbeddens met slaapplek vir 2 volwassenes elk. Elke kamer is ingerig met plafonwaaiers, ondervloerse verhitting, 'n platskerm-TV met DStv-toegang, 'n mikrogolfoond, yskassie en tee- en koffiemaakgeriewe. WiFi-toegang word ook voorsien.

Ons bied 'n ontbyt wat iets vir enige smaak bied. Indien jy 'n doutrapper is, kan jy 'n wegneem-ontbyt reël met die bestuurder. Gaste wat nie te haastig is nie, kan ons tradisionele Engelse ontbyt geniet of 'n Kontinentale ontbyt reël met die bestuurder. Gaste word uitgenooi om af te koel en te ontspan in ons bekoorlike plonspoel wat spog met 'n klein watervalletjie. Ons perseel bied veilige parkeerplek en 'n sekuriteitsdiens vir gaste se gemoedsrus.

Dit is die ideale stilhouplek tussen Johannesburg, Durban en die Wildekus. Ons is bekend vir die waterval in die dorp (die Howick-waterval) en ons is naby die Karkloof-boomtoptoere, die plek waar Mandela gevangenis geneem is, gholfbane en vele prentjiemooi fietsrypaaie in die woud. Probeer gerus ons uitstekende plaaslike restaurante wat stapafstand van die kunsvlytmark op die Meander is. Ons is min of meer 20 minute vanaf Pietermaritzburg se middestad en 1 uur vanaf Durban en die Drakensberge af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Azalea Bed And Breakfast gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false