Azriel Splendour 4

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Azriel Splendour 4 is 'n selfsorgwoonstel in Shelly Beach, 'n kusdorpie halfpad tussen Port Shepstone en Margate aan KwaZulu-Natal se Hibiskuskus. Shelly Beach is vernoem na die duisende pragtige skulpies wat op die strand uitspoel na hooggety en bied 'n oormaat goue strande, vriendelike plaaslike inwoners, eindelose watersportgeleenthede en fantastiese duikplekke.

Die woonstel het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Beide die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het 'n deur wat na die boonste beskutte balkon met 'n see-uitsig in die verte lei. Die derde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die ruim kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste. Daar is 2 sitareas met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV. Die leefarea lei deur skuifdeure na die balkon op die eerste verdieping met 'n patio-stel en 'n houtskoolbraai.

Dié losstaande woonstel bied 'n dubbelmotorhuis wat kan toesluit. Die ingang het ook 'n outomatiese hek en is ten volle omhein.

Slaapplek

'n Bespreking by Azriel Splendour 4 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Azriel Splendour 4 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false