B5 Surfside Umdloti Magic
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 1, Umdloti Beach, Durban, 4350, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 345 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
B5 Surfside Umdloti Magic bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerhuis in 'n kompleks in Umdloti. B5 Surfside Umdloti Magic is in die hartjie van die Dolfynkus. Die huis is op 'n duin en sy balkon bied 'n uitsig oor die grasperk en die see.
Dié woonstel spog met sentrale lugversorging en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en daar is 'n tweede badkamer wat deur die ander 2 kamers gebruik word. 'n Bad en 'n stort is beskikbaar. Elke kamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Die beddens word met katoen-perkallinne oorgetrek.
Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die oopplan-leefarea het 'n etenstafel vir 8 en die sitarea het 'n slim-TV met volle DStv. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.
Die kompleks bied 'n gemeenskaplike swembad en tennisbane. Gaste moet asb. hul eie tennistoerusting saambring. Daar is ook gemeenskaplike braaigeriewe wat oor die swembad uitkyk. Die kompleks bied nie direkte toegang tot die strand nie. Die strand is 2,5 km weg. Die King Shake Internasionale Lughawe is 10,4 km weg.
Slaapplek
’n Bespreking by B5 Surfside Umdloti Magic sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Marinerylaan 1, Umdloti Beach, Durban, 4350, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Umdloti Noordkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Marinerylaan 1, Umdloti Beach, Durban, 4350, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom