LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Bailey's @ 14D | LekkeSlaap
+22

Bailey's @ 14D

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 17:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Justice Mahomed-straat 14d, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R665 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Bailey's @ 14D is in 'n lieflike boomryke area oorkant Magnoliadalpark in Muckleneuk geleë. Dit is op 'n privaat pad in 'n klein sekuriteitsarea. Verder is dit ook sentraal en bied maklike toegang tot die Universiteit van Pretoria, UNISA en hospitale, bv. Groenkloof Life Hospitaal, die Groenkloof Life Advanced-daghospitaal, (LCM), Zuid-Afrikaanse Hospitaal en Jakaranda Hospitaal, asook die Urologie Hospitaal.

Dié ateljeewoonstel beskik oor 'n koningingrootte-bed en het slaapplek vir 2 gaste. Bailey's @ 14D kan 'n maksimum van 2 kindertjies op matrassies akkommodeer. Daar is ook 'n ruim oopplan-leefarea met 'n kombuisie wat toegerus is vir basiese selfsorg, asook 'n sitarea met gemaklike sitplek. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Die woonstel het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi.

Jy sal 'n afstandbeheer vir die sekuriteitshek kry met toegang tot veilige parkeerplek op die perseel agter 'n elektriese heining met laserstraal-sekuriteit. Die woonstel het ook 'n moderne alarmstelsel.

Dis ideaal vir gaste wat kursusse by Universiteit Pretoria en UNISA bywoon of mense in die hospitaal besoek. Dis ook gerieflik vir studente se ouers wat kom kuier of 'n geleentheid bywoon.

Loftus en Afrikaans Hoër Seuns en Meisies, asook Girls en Boy's High is stapafstand en net 'n paar minute weg vir enige funksies of sportaangeleenthede.

Daar is verskeie winkelsentrums, restaurante, besienswaardighede en doendinge in die omgewing, asook maklike toegang tot hoofweë en busroetes.

Slaapplek

’n Bespreking by Bailey's @ 14D sluit in:

Koningingrootte-bed Kindermatras vir 2
Slaapkamer
Plek vir 4 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKindermatras vir 2

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 18 resensies vir Bailey's @ 14D
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Justice Mahomed-straat 14d, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Gaste dink Bailey's @ 14D het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R665
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R665
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 17:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Justice Mahomed-straat 14d, Muckleneuk, Pretoria, 0181, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJmMTY1YjkwLTBhZjEtNDQ0Yi1hYzc3LTEzNDUwNmM3NGVjNA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R665  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 14d Justice Mahomed Street Muckleneuk 0181 Gauteng 086 999 0018 17:00-19:00 10:00 -25.762609769792 28.221520632505
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!