Upington Akkommodasie by Bains House | LekkeSlaap
+32

Bains House

B&B
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schroderstraat 80, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Bains House is 1 km van Upington se middedorp af en bied gerieflike oornagverblyf. Die gastehuis word deur groot dubbeldeure betree waarna gaste deur 'n binnenshuise watervalletjie en visdam gegroet word. Die nuuskierige vissies steek dan ook hul koppe uit om nuwe gaste te verwelkom. Lughawependeldienste, toerkaarte en reisigersinligting is beskikbaar by die gasvrou.

Verblyf word in 6 gaste-eenhede aangebied waarvan 5 dubbelkamers is en die sesde is 'n gesinseenheid met slaapplek vir 4. Ontbyt is ingesluit. Die gastehuis het 'n knus sitarea met 'n groot kaggel waar gaste plaaslike wyne kan proe, asook 'n stoep en 'n pragtige tuin. Die stoep bied 'n uitsig oor die tuin en die swembad, maar ook oor die Oranjeriviervallei waar visarende gereeld die lug deurkruis.

Upington is strategies geleë vir besoeke aan die Kgalagadi Oorgrenspark, Augrabies-waterval Nasionale Park en die Witsand Natuurreservaat. Ander besienswaardighede in Upington sluit die graf van Scotty Smith, dié streek se eie Robin Hood, die stoomtrein by die treinstasie, die palmboomlaning op Die Eiland, Kanoneiland, 'n landboukunde sentrum, bootvaarte op die rivier met sonsondergang, en wynproe by Oranjerivier Wynkelders - die tweede grootste wynkelder in die wêreld - in. Gaste kan in die omtrek 4x4-ry en hulle saans aan die helder sterreruim vergaap.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Alle Etes Ingesluit
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skuifie-projektor
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Schroderstraat 80, Upington, 8801, Noord-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 400
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schroderstraat 80, Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAedbb4983bf15ee590cb46e9b4efd1848f64f1a2707f31bcc2c235ba940cfe05d282f0c0fc95000f4df486551c7994e1c25a9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 400  per nag (vir 2 persone) 80 Schroder Street Upington 8801 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-23:00 10:00 -28.452967 21.253929
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za