Bains House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sodra jy die gastehuis se groot deure binnekom sal jy onverwags gegroet word deur 'n binnenshuise waterval en visdammetjie. Soos die gaste inteken sal die visse impulsief opkom om ook te groet. Jy sal dadelik tuis voel.

Ruimte is in vandag se dae 'n luukse. Ons bied egter ruim en suite-slaapkamers, met al die geriewe wat jy sou benodig soos satelliet-TV, internet-toegang, 'n bad en stort, tee en koffie, 'n kluisie, blomme en die nuutste tydskrifte.

In die gesellige sitkamer met die groot kaggel kan jy van ons plaaslike wyne proe. Gaste kan ook luilekker tye op die stoep en in die manjifieke tuin geniet. Die sitkamer lei na 'n stoep met 'n rietplafon. Hier kan jy jou eerste koppie koffie van die dag geniet, terwyl jy staar oor die weelderige tuin met swart swembad en die Oranjeriviervallei met visarende wat bolangs in sirkels sweef.

Ons is net 1 km van die middedorp en bied jou gemoedsrus met 'n veilige parkeerplek vir jou voertuig. Hier kan jy gemaklik en in vrede uitrus. 'n Lughawe-pendeldiens is op versoek beskikbaar, so ook kaarte van die area en toeriste-inligting.

Kom en geniet 'n huis vol geskiedenis!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Bains House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 120 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za